Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: Augustus, 2012

Got what it takes to be a Captain?

 

Elke keer wat ek hierdie advertensie sien dan raak iets binne my opstanding. (En dit is nie die Captain binne my nie.) Ek is een wat hou van ’n goeie grappie, maar wat hierdie stereotipering van die man nie snaaks maak vir my nie, is die feit dat ek met so baie paartjies werk wat in ’n huwelik vas gevang is waar hierdie onderliggende manlike chauvinism die norm is.

#1 Vir die manne om ’n goeie tyd te hê moet hulle eers ’n knertsie in kry.

#2 Die manne los hulle pragtige vrouens by die huis, want dit is meer fun saam met die manne. Hoekom? Dalk om ander hot chicks uit te check?

Ek verstaan die man is die jagter, of in hierdie geval die captain en sy missie is om nuwe lande te gaan verken. En om te verwag net omdat jy nou getrou is, dat jy jou oer-oue instink moet ignoreer, is onrealisties. Ons is wat ons is. Wat sê die slagspreuk? Elke man is van dieselfde klip gekap? (Vrouens dink meer in lyn van “met dieselfde klip gekap”)

Só, ek het nie ’n probleem met die challenge “Got what it takes to be a Captain?” wat die manne se kant toe gegooi word nie. My probleem is wat ons dink dit beteken.

Wees die jagter en wees jags!

Wees die kaptein en span jou seile! (Al haat jy daardie liedjie)

Maar vir hemels naam word groot en hou op om oppervlakkige ‘land-claims’ te maak en own dit ’n bietjie. (Suid-Afrika is vrot van land-claims, maar niemand bewerk die land nie. Wat beteken al hierdie jag/kaptein-verkenning vir jou werklik? Behalwe om punte te score by die manne?)

Wees jags vir jou vrou. Span haar seile en slaan saam ’n nuwe koers in. Moenie teen jou natuur gaan nie, maar gebruik dit om positief in jou lewe en huwelik in te bou, inplaas van om nog beteken lose ‘land-claim’ te maak.

As jy meer wil weet oor hoe om jags vir jou vrou te wees, lees my artikel “Mans die jagter? of net jags?

Advertisements

Going Undercover (vervolg) – Agent Down!

Die desensitizing naweek het na ’n einde se kant gestaan. (Lees die vorige Going Undercover posts om die naweek te volg). Watse beter manier om hierdie seksuele-toer af te sluit as om almal saam as groep te gaan eet by ’n strip club.

Ek sal lieg as ek vir jou sê ek was nie opgewonde om te gaan nie. Ek was nog nooit in só ’n plek nie, want die waarskuwing van die kerk lui nog duidelik in my ore. “Moenie eers daar verby ry nie, want die demoon van wellus mag dalk net op jou spring.”

Ek wonder nou of die wegbly waarskuwing nie juis ontwerp was deur die einste geestelike leiers wie se karre in die parkeerterrein te siene is nie.

Maar ek was nie te bang vir die demoon van wellus nie, want soos wat ek vir een van my pastoor vriende gesê het, ek weet presies hoe om ontslae te raak van die wellus-gees as hy jou eers bespring het. Jy gee net so paar plukke en dan kom hy somer vanself uit!

(Asseblief moenie te veel aanstoot neem nie, dit is maar net my bietjie sin van humor)

Anyway, die van julle wat nog vêrder lees, welkom.

Ek sal nooit hierdie aand vergeet nie. Soos wat ek instap en ’n stempel op my hand kry, (darem nie van ’n bees of op my voorkop nie) betree ek vir die eerste keer die wêreld van die PAAL. Die paal wat simboliese soos ’n phallus in die middel van die club verhoog word op stage, met dienaresse wat die heeltyd om die PAAL dans en die phallus vereer en aanbid.

Die gevoelens het my laat terug dink aan die eerste dag van hoërskool. Jy stap in, met ’n kombinasie van self vertroue en piepie bang benoudheid. Ek het nog nie eers deur die skoolhek geloop nie en ’n matriek prefek kom staan voor my en beduie al die standard 6e, sóóntoe! Ek was nog als offended. Hoe het hy geweet ek was standard 6? Hoe het hy geweet dit was my eerste keer in die plek? Was daar ’n st6 stempel op my voorkop?

Terug in die strip club bid ek net dat history nie homself weer sal repeat nie. Ek het my uiters bes gedoen om nie soos ’n strip club virgin te lyk nie, maar ek mos dit duidelik nie reg gekry het nie, want voor my vind ek die strip club prefek…die bouncer. Vir daardie paar sekondes wat ek voor hom gestaan het en gewag het vir hom om te sê: “st6e, sóóntoe!” het hy ook maar lekker ongemaklik geraak. Ek het duidelik nog nie my les geleer van die ‘license to porn shop’ nie. Duidelik geld dieselfde reël hier ook. Moenie vir geen rede met vreemde mense praat nie. Sit, kyk en shut up.

Die dansers sou eers later begin met hulle phallus vereering en dit het vir ons tyd gegee om na die restaurant-kant van die klub te gaan. Ek was darem nie die enigste st6sie daar nie. Heel wat Christene skryf in om Seksuologie te studeer. (Dalk is daar ’n groot behoefte daar buite? Wie weet!)

Terwyl ons lekker sit en gesels oor die naweek en ons toekoms planne as seksuoloë kom ek agter dat een van die ouens sukkel ’n bietjie. Hierdie plek was duidelik besig om aan hom te karring. En dit was nie die gees van wellus wat hom gepak het nie, maar die ander een wat meer in die kerk uithang. Wat is hy nou weer…hmmm…o, ja die gees van skuldgevoelens. Maar die feit dat ek daar was, die seun van ’n bekende predikant, redakteur van ’n Christelike tydskrif en mede gelowige, het vir hom rustiger gemaak dat alles okay is.

My confidence was weer besig om te groei. Ek voel dalk soos ’n st6sie in die seks industrie wêreld, maar tussen mede gelowiges kom ek voor as die Dawid met die durf om die groot taboe Goliat aan te durf.

In tussen het die musiek harder begin speel wat die aankoms van die phallus dienaresse aangekondig het. Ek het so vinnig as wat goeie maniere dit toe gelaat het deur my three course maaltyd gewerk. Duidelik was die res van die groep minder gretige om na die PAAL se kant toe te gaan nie. Never mind hulle, Dawid het alleen gaan veg! Ek verskoon myself en hulle sê hulle gaan eers poeding eet en dan my join. (Ek was nog nooit lief vir poeding nie en het seker gemaak om dit so te verduidelik.)

“Ek kom saam met jou.” Kondig die skuldgevoel-gees-gepakte-mede-gelowige aan. Was dit omdat hy nes ek nie van poeding hou nie, of was hy net nie lus om alleen gelos te word in die put van die teen-gepreekte-onbekende? Ek verwelkom toe die aankondiging.

Die entjie tussen die restaurant en die PAAL het ons met ’n Olympic stap-hardloop tempo gekruis.

Ons was van die enigste mense wat nou al voor die PAAL gesit het. (Apparently moet die son eers heel te mal sak voordat die PAAL aanbidders uitkom).

Ek het gevoel soos ’n tienerseun wat in Disney World op ’n rollercoaster gaan saam met sy familie. Dikbek en tiener-kief, maar op die versteekte kamera geniet hy dit net soveel soos sy jonger sussie. My skuld gewete het my tot nou toe niks gepla nie. My vrou weet waar ek is en ek het haar toestemming, want ek studeer immers seksuologie. En dit was die Here wat hierdie roeping op my lewe geplaas het. Ek het daar gesit voor die PAAL en gevoel soos ’n Joodse seun op sy Barmitswa. MAN!

My wingman, however, het nie so goed gevaar nie. Ek kan nog steeds nie uitmaak of dit die gees van wellus of skuldgevoel was wat hom so duidelik geteister het nie, maar dit was duidelik dat hy baie anderste gevoel het as ekke. Dit was so erg dat ek na ’n rukkie meer vir hom begin kyk het as om gehipnotiseer te staar na die PAAL.

Ewe skielik, begin hierdie Big Brother gevoel wat ek vir my mede gelowige broer het, opstaan en tot aksie geroep word. Ek is dalk undercover hier, maar hierdie broer van my is agent down. Dit was seker een van die moeilikste besluite wat ek moes neem daardie naweek. Bly of gly. Die hipnoterapie was dan so mooi, maar my roeping sterker!

Ek leun toe oor en kommunikeer aan hom dat ek klaar gekyk het en eerder huis toe wil gaan. Hy het gewag vir dié exit cue en het dit aanvaar soos wat ’n persoon wat oorboord gegaan het ’n lifebuoy aangryp.

Buite die club kon ek sien dat die geeste my broer verlaat het. Hy was weer rustig. Vir ’n oomblik oorweeg ek net om hom af te sien en weer terug in te gaan. Wanneer gaan ek weer die geleentheid kry om dit legally te doen?

Ek besef toe dat as my broer in Christus besef het dat ek hom net uit die club escort het, so ek weer die gees van skuld op hom plaas. Die vers het by my opgekom as jou broer se conscience weak is moenie hom laat sondig nie. I’ll have to take one for the team here.

Ek klim toe ook in die kar en bel vir Janet. “Liefie, ek is nou op pad huis toe. Ek wil ook net vir jou sê dat ek besef noudat baie is immers geroep, maar min is uitverkies. En ek dink ek is een van hulle.”

Going Undercover (Vervolg) – Deep Undercover!!!

 

Hoe meer ek terug dink oor die desensitizing naweek hoe meer dinge onthou ek. (Lees die vorige Going undercover blogs om die hele storie te volg). Een van die winkels waar ons gedraai het, was by ’n BDSM winkel. BDSM winkel? Broodtjies, Drank, Siggarette en Melk – Winkel?

Nie heeltemal nie, nee! Bondage-Dissipline, Sado-Masochism of in plat Afrikaans, Boeie-donder, slaaf en meester. Ek het nooit in my wildste drome geraai dat daar sulke winkels bestaan het nie. (In hindsight is ek nou bly om te besef dat my wildste drome, nie so wild was after all nie.)

Daar leer ek dat daar ’n verskriklike groot onderwêreld en subkultuur van paartjies is wat hulle seksuele voorkeur vind in een of ander vorm van BDSM.

Net gister stap ek saam met my twee klein dogtertjies deur ’n winkel wat baie duur porselein verkoop en dadelik wanneer ons in so winkel stap, sê ek vir my dogtertjies “handjies agter die rug” en so loop hulle verder met handjie agter hulle rûe, dit is ag te oulik. Wel hier vind ek myself in ’n winkel waar ek vir myself sê handjies after die rug.

Dit wat ek geleer het van daardie ervaring is dat baie maal, keer ons eie ondervinding, voorkeure en naïwiteit ons om regtig ’n hulp te wees vir mense. Ons is so vinnig om SIES te roep vir dinge wat ons nie verstaan nie, of wat so duidelik net SIES is, dat ons die persoon agter die SIES mis kyk.

Ek dink daar is baie kere wanneer die kerk SIES geroep het, “handjies agter die rug”, terwyl die persoon met seer en pyn agter die SIES net al hoe dieper van perfekte liefde wegsink.

My gedagtes rondom Matt 5:28

The deeper truth behind “whosoever looketh on a woman to lust after her hath committed adultery with her already in his heart”.

By Timothy Kieswetter

The Scripture verse in question is Matthew 5:28 that says: “But I say unto you, That whosoever looketh on a woman to lust after her hath committed adultery with her already in his heart.” This is one of the most quoted verses on the topic of sexuality. Unfortunately, I believe that our understanding of what Jesus is trying to teach us is here, is blurred with old prudish and anti-sex Victorian-era view on sexuality. That is why we cannot quote any scripture out of its context without having it tinted by the glasses we are wearing at that time.

So let us start by putting this specific verse, where Jesus is so clearly addressing the lustful eyes of the sexually charged male, into context and see what I believe the true message of Matthew 5:28 is.

We begin with verse 28 were we find the transgression: “But I say unto you, That whosoever looketh on a woman to lust after her hath committed adultery with her already in his heart.”

Is Jesus speaking here as he usually did? If so, then the meaning of what He is trying to convey, is much deeper than just the literal interpretation of his words. Jesus largely spoke using parables without offering His interpretation to them, but leaving the listener with something to ponder over. Examples of Jesus’ figurative manner of speaking are:

  • If you have faith as small as a muster seed you’ll be able to move mountains. Matthew 17:20
  • The Son of Man has no place to rest his head. Matthew 8:20
  • It is easier for a camel to go through the eye of a needle than what it is for a rich man to enter heaven. Mark 10:25
  • Upon this rock you will build my Kingdom. Matthew 16:18
  • First remove the bulk in your own eye before helping your brother with the splinter. Matthew 7:4

 

To know if we must look at Matthew 5:28 literally or figuratively we have to look at the punishment for this literal or figurative offense. And that we find in verse 29 – 30: “And if thy right eye offend thee, pluck it out, and cast it from thee: for it is profitable for thee that one of thy members should perish, and not that thy whole body should be cast into hell. And if thy right hand offend thee, cut it off, and cast it from thee: for it is profitable for thee that one of thy members should perish, and not that thy whole body should be cast into hell.”

How many of you would interpret the punishment for lusting after a women to be literal? I do not see any one hand, one eye men walking the streets. Thus one of two things can be concluded.

1)      Jesus’ is speaking like He often speaks, in parables, using symbolism to convey a deeper truth, or

2)      we all are in deep trouble for only obeying one part of what Jesus is saying.

It looks to me that we want the act of desiring another woman and so committing adultery to be meant literally, but the punishment of removing an eye or hand, to be meant figuratively. But this only proves that we do not grasp the full meaning and truth behind what Jesus is saying.

So let us take a closer look at what Jesus is saying.

Original meaning of the words used in this verse

We need to review the Greek meanings of these words if we are to understand this verse correctly. In the past, we have taken this verse at face value, believing the translation. It is only fair that we review their original meaning and see if there can possibly be a different interpretation.

The Greek word for woman here is guné (goo-nay’) which specifically refers to another man’s wife. So it is the position and wifely qualities that Jesus is referring to here and not the sensual beautiful woman that Job 31:1refers to.

The word ‘lust’ is a very loaded word in the Church and needs to be understood without the Victorian era’s tainted glasses. The word ‘lust’ originally referred to pleasure and delight. It is only after 1520 when the church attached a sexual connotation to the word, thus turning a normal and healthy feeling into a sin and something we must suppress. The Greek word for ‘lust’ here is epithumeõ (ep-ee-thoo-meh’-o) meaning ‘set the heart upon, long for, strong desire for’. Interesting that this exact same Greek word epithumeõ is used in Luke 22:15 where Jesus is again talking: “And He said unto them, ‘With desire I have desired to eat this Passover with you before I suffer.’” Jesus is emphasizing how strongly he has longed for, and looked forward to eating Passover with his disciples. However, this time,  the word is translated into ‘desire’ and not ‘lust’ because Jesus cannot be associated with that word.  Yet it is the same word! I suggest that because Matthew 5:28 is referring to a man’s sexuality, we use the word ‘lust’ and immediately the deeper meaning of the verse disappears behind the very negative connotation attributed to that word.

The Greek word for ‘heart’ in “committed adultery with her already in his heart” is kardia (kar-dee’-ah) meaning (figuratively) the thoughts or feelings (mind); also (by analogy) the middle: – (+ broken-) heart (-ed).  In counseling, we see that often divorce and adultery occurs when chemistry (sexual attraction) is found outside the marriage when it is no longer in the marriage. The thing is, the sexual spark is not something that you can leave and hope it will be there between you and your wife forever. The flame of passion is something that needs constant fanning.

The original word for “hell” is geenna (gheh’-en-Nah.) Of Hebrew origin ([H1516] and [H2011]); valley of (the son of) Hinnom; gehenna (or Ge-Hinnom), a valley of Jerusalem, used (figuratively) as a name for the place (or state) of everlasting punishment: – hell. So, we see that Jesus did not speak of Hades, the actual hell as we understand it, but instead a metaphor for eternal pain and punishment.

So, we can see that “lust” can in fact be interpreted as “desire”. ‘Heart’ can mean feelings and thoughts. And “hell” means constant punishment. Woman also specifically refers to a married woman.

The Broader Context

A verse can also not be studied in isolation, yet this verse is often quoted singularly to condemn a man’s behavior. The broader context of the look-and-lust instruction, is found in verses prior and proceeding the misdemeanor and penalty.

Matthew 5:27 “Ye have heard that it was said by them of old time, Thou shalt not commit adultery:”

And Matthew 5:31,32 “It hath been said, Whosoever shall put away his wife, let him give her a writing of divorcement:  But I say unto you, That whosoever shall put away his wife, saving for the cause of fornication, causeth her to commit adultery: and whosoever shall marry her that is divorced committeth adultery.” Here we can see that the context is divorce. Jesus is teaching on divorce and outlining when divorce is permitted and when it is destructive.

After we study the wider context and review the original meaning of the words in question, it becomes clear that Jesus is addressing the unhappily married man, searching for a reason to divorce and pursue a relationship with another woman. When such a man looks upon another marriage, sees the wife of another man and desires her for himself, then he is committing adultery in his heart. Possibly, he is unhappy in his marriage and blames his wife and regrets that he has married her in the first place, thus seeking a reason to divorce. Now, Jesus, seeing into the hearts of men, addresses this unhappily married man, thinking another woman can satisfy him beter, and gives him a deeper truth:

That if he will only be willing to pluck out his eye and cut off his hand (in other words, be willing to change himself, work on his own personality) and stop thinking that it is the woman’s responsibility to keep him happy, then he will not have his marriage cast into “hell” – (place of constant pain and punishment).  Could Jesus be saying here that an unhappy marriage and divorce is like “hell”? It is a place that will punish everyone involved. Could Jesus mean that it is not good enough to stay married while wishing upon another life? Jesus demands that the husband take action and work at his marriage. How many men are willing to go to marriage counseling today? How many men are willing to look in the mirror and admit to their own wrong-doing in the marriage?

This deeper truth of Matthew 5 is still relevant today, but it is a truth that is clouded behind an incorrect belief that men have to refuse to be attracted to another woman. I believe that this is an impossible task and is in fact denying and suppressing a perfectly healthy part of our sexuality. Men are so busy looking the other way, in fear of finding another woman attractive and being aroused by her, that he has no energy or will to listen to the deeper truth of keeping the passion alive in his own marriage!

What I see over and over again in my practice, is what happens when Christian men have successfully switched off their sexuality in order to prevent them from being tempted. Two things usually occur:

1)      Their desire for their own wives also starts to disappear

2)      It is only a matter of time before this suppressed sexuality demands to reappear and the husband can no longer control it. What was once normal, healthy lust and vigor has turned into an unhealthy sexual obsession and addiction.

Why would God create men to be visually stimulated, only to deny him that pleasure? Surely a man uses this sexual drive to pursue and court his wife in the first place! Why do we believe so strongly that men may not find other woman attractive? Are we afraid that if the man doesn’t switch of his visual sexual drive, he will run along and have an affair with every woman he finds attractive? Or is it because of our misunderstanding of what Jesus is trying to teach us in Matthew 5:28?

Ek recycle

Hierdie was my eerste droom wat ek gedroom het oor my Gesonde Seks Bediening. Dit was in daardie tydperk toe ek nog nie mooi geweet het waar my bediening gaan inpas nie en hoe die kerk die Gesonde Seks sou aanvaar nie. In werklikheid was die eerste jaar van my seksuologie loopbaan een waar daar nie net konstante bakleiery was tussen ek en die kerk nie, maar ook tussen ek en myself. Ek was in ‘n rigting gelei wat die tradisionele in my en almal rondom my baie ongemaklik gemaak het.

Die droom:

Ek het ‘n nuwe tydelike werkaanbod gekry. Die maatskappy het my geheadhunt vir die posisie. Ek stap toe deur ‘n groot scrap yard, (laat my dink aan die een in die film Gone in 60 Seconds). Dit was een van die grootste scrap yards en juis wat my nuwe job so gewees het. Ek was aangestel om die voorman van hierdie scrap yard te word. Die scrap yard het behoort aan ‘n motor maatskap. (In my droom was dit Toyota.) Aan die voorkant van die scrap yard was daar ‘n showroom gewees, waar al die blink nuwe karre uitgestal was.

Ek sien toe hoe daar in die straat buite die showroom ‘n klein ongeluk gebeur wat net ‘n klein dent in die kar se bumper gemaak het, maar dadelik was die kar na die scrap yard geneem. Dit was vir my vreemd om te sien hoe maklik die karre hier beland het. Dit was net die blink, sonder stamp of krap wat op die showroom asook in die pad kon ry.

Juis dié rede hoekom hulle my wou aanstel, want die scrap yard het nie meer plek gehad om al die nie perfekte karre te akkommodeer nie. Ek het baie opgewonde geraak oor my werk en die plannetjies het alreeds deur my kop geflits. Ek sou hulle almal recycle en terug op die pad sit. Toe ek hierdie plan met die baas van die maatskap deel raak hy baie opgewonde oor die moontlikhede. Die glimlag op sy gesig het egter net vir ’n oomblik daar gebly. Amper asof hy van iets of iemand vergeet het. Die ou-voorman van die scrap yard, wie se skoene ek tydelik sou mos instaan.

Vanuit die skaduwee betree hierdie ou-voorman. Hy het met ’n kierie geloop, in die middel van twee ander mans. (Sy bodyguards.) Dit was duidelik dat die mafia hierdie plek besit het. Hy het ’n baie slinkse glimlag op sy gesig gehad. Hy was nie bekommerd oor my recycle plan nie, want hy sou seker maak dit sou nooit realiseer nie. Hy maak te veel geld van hierdie scrap yard.

Ek sê toe vir die baas van Toyota dat ek nie bang is vir hierdie mafia nie en ek sal hulle direk challenge en bewys dat recycling beter is vir almal. Die eienaar begin toe met my smeek om nie moeilikheid te maak nie. Dit was vir my eienaardig dat almal bewus was van die mafia maar niks daarom trend wou doen nie. Ek het vas besluit, EK sal hierdie mafia stop sit.

Op daardie oomblik verskyn Morgan Freeman aan my. Ek het geweet dit is God. (As gevolg van die film Bruce Almighty.) Hy gee vir my iets om te eet en kommunikeer baie duidelik aan my dat ek nie die mafia moet aanvat nie. Ek moet net aangaan met wat ek beplan om te doen.

Ek word toe wakker.

 

Die interpretasie:

Die nuwe werk het duidelik na my nuwe seksuologie loopbaan verwys. Wees rustig Timothy, Gesonde Seks is jou destiny. (Ek sou nog ’n paar drome ontvang wat hierdie diep in my hart kom bevestig.)

Die showroom en scrap yard is alles simbolies godsdiens. Die showroom met al die mooi nuwe blink karre, is waarop baie van godsdiens op gefokus is. Daar is geen ruimte vir die vlees of om mens te wees. Sodra jy sondig, ’n krap op kry (in konteks het dit alles na seksuele skade verwys), was jy dadelik van die pad afgehaal en op die scrap yard gesit. Daar is nie ruimte in die blink mooi showroom godsdiens vir die seksuele nie.

Mense word vir geen rede met skuld gelaai, geoordeel en met klippe gestenig.

Die mafia, verteenwoordig die fariseërs van godsdiens. Die hoogmoediges wie se werk dit is om die showroom en scrap yard van mekaar te skei. Dit is hulle mafia-plig om onderskeid te maak tussen die vlees en gees en die mens op sy seksuele sondige natuur uit te wys en hom te diskwalifiseer van genade en ’n lewe van oorvloed.

Die haat teen die idea van recycling, is gebaseer op die werke van die vlees. Vir hierdie Mafia-godsdiens gaan dit oor hoe blink jy jou kar kan hou deur jou eie werke. (Redding en heiligheid deur jou eie werke.)  Recycling het alles te doen met genade. Dit is niks wat jy verdien of gedoen het nie. Maak nie saak of jy ’n klein skraap op getel het of heel te mal afgeskryf is nie, genade is daar dieselfde vir jou en vir my.

Die vrees wat die Mafia-godsdiens met recycling het (aka genade ook vir die seksuele) is dat dit in hulle oë die waarde van die showroom kar sal verminder. In werklikheid gaan dit nie oor die waarde van motor-industrie nie, maar die waarde van elke individue. Ook die wat op die scrap yard lê bedek met die roes van skuld.

Die Mafia-godsdiens het al in Jesus se dae bestaan en is nog sterk vandag. In die woorde van “Morgan Freeman”, “Moenie hulle direk aanvat nie. Gaan jy aan met jou werk. Fokus op die individue wat recycle wil word, die wat oop is tot genade en los die wat nog dit op hulle eie wil doen. Begin klein, want vir daardie een sal dit ’n groot verskil maak.

Janet, ek kry jou man glad nie jammer nie!

Vandag het my vrou, Janet, my baie trots gemaak. Sy het haar grootste Seks Klets Dames oggend gehad en dit het baie goed gegaan. Sy het sonder  bloos of skroom voor 50 vrouens gestaan en passievol gesels oor Gesonde Seks. Janet het werklik my passie, roeping, loopbaan haar eie gemaak. (Aan die eenkant voel ek ’n bietjie bedreig hieroor, maar dit sal moet oorstaan tot ’n volgende blog post.)

So 10 jaar gelede toe ek Janet ontmoet het sou ek of enige iemand wat haar geken het, nooit kon raai dat sy in die seks industrie sou gaan nie. Ek laat dit seker erger klink as wat dit is. Seks industrie klink so bietjie doggy. Presies wat een pastoor vir my gesê het heel in die begin van my seksuologiese studies. “Timothy, miskien moet jy nie jouself as ’n seksuoloog bemark nie, maar eerder as ’n huweliksberader.”

Nee, dankie, dit so nooit vir my werk nie. Ek wil die seks fix. Daar is genoeg ander beraders wat fokus op die vertroue, kommunikasie, familie etikette, ens. Ek sal fokus op die seks dankie. Gesonde Seks is my werk.

En nou het my vrou haarself ook geïdentifiseer as ’n sekswerker.

Terug tot my en Janet se eerste ontmoeting. Ons het van die begin af lekker gesels en dit was nie eers 10 minute van small talk dat ons  begin het om vir mekaar ons liefdes teorieë te deel. Ons al twee was net 19 jaar oud gewees maar was gesoute filosowe.

Janet begin om die vier liefdes; Agape, Familie, Phileo en Eros te simboliseer met ’n kruis. Die boonste balk van die kruis wat hemel toe wys verteenwoordig, Agape-liefde. God se liefde vir ons en sy beskerming oor die verhouding. Die twee dwars balke van die kruis is Familie en Phileo (vriendskap) liefde. En die deel van die kruis wat in die grond begrawe word simboliseer Eros liefde. (Erotiese liefde).

’n Paal wat in ’n gat geplaas word. Ek dog dit was ’n baie skerp simboliek vir wat seks was. Maar dit is nie presies hoe sy dit toe bedoel het nie. Janet, soos enige goeie Christen het seks gesien as iets wat deel van die vlees is en begrawe moet word en wat nie op dieselfde heilige vlak van die ander liefdes kon kompeteer nie. Seks was tolerated maar verseker nie celebrated nie.

Dit was na hierdie verduideliking waar ek vir haar gesê het: “As dit is hoe jy oor seks dink, kry ek jou man eendag baie jammer.”

Ek het nie besef dat sy dit as ’n pickup line so sien nie, maar sy sweer toe ek dit sê het daar iets in haar gees gespring waar sy gevoel het ek gaan haar trou man wees. In retrospek dink nie dit was iets in haar gees wat gespring het nie, maar wel haar vlees.

Want in my liefdes teorie het ek ook die 4 algemene liefdes, maar inplaas van om die Eros weg te steek vir niemand om te sien nie, speel Eros liefde ’n baie belangrike deel van my huisie gelykenis. Familie liefde vorm die fondasie van enige verhouding. Daarna word die mure gebou en simboliseer die vriendskap tussen die twee. Die dak is Agape liefde, wat die commitment verteenwoordig. En heel bo op die dag, steek Eros sy kop uit vir almal om te sien in die vorm van die erect skoorsteen. Waar daar ’n rookie is, moet daar ’n vuurtjie wees. Eros is nie net ’n skoorsteen bo op die dak nie, maar ’n kaggel onder in die huis. Dit is Eros wat die verhouding se atmosfeer bepaal en die huis (verhouding) ’n  lekker plek maak om in te lewe.

Daar was iets daardie aand wat Janet opgewonde gemaak het en my uitgedaag het, maar wat ook al dit was, dit het ons paaie saam gevoeg in Gesonde Seks. En nou kan ek met ’n glimlag op my gesig erken dat ek was verkeerd. “Janet, ek kry jou man glad nie jammer nie.”

License to porn shop

Ek het goed gevorder met my studies en het al hoe meer gemaklik geraak met seksualiteit. Hierdie was die mees sigbaar toe ek met van my predikant vriende kuier en gesels. Hulle duidelike ongemak het my nogal magtig laat voel. Amper superior. (Jy hoef nie my obvious hoogmoed uit te wys nie, ek is bewus daarvan.) Dit was aan die begin baie erger want ek het gevoel ek moet verg vir my Gesonde Seks Bediening se bestaansreg. En hoe meer ek in myself begin glo het hoe minder het ek die valse hoogmoed nodig gehad om beter oor myself te voel.

Terug na my storie. Met al hierdie manlike bravado het ek gevoel soos die XXX van 007. Kieswetter. Timothy Kieswetter – License to porn shop.

My volgende taak moes oor fetishism gegaan het en om eerlik te wees was dit nie iets wat ek baie van geweet het nie. (Fetishism is die seksuele arousal wat veroorsaak word deur iets wat nie tradisioneel seksueel van aard is nie.) Ek besluit toe om my ”license to porn shop” in werking te sit en vir informasie oor fetishism by my plaaslike Hustler shop te gaan soek. Hou in gedagte dat my enigste ander keer wanneer ek my Christelike voete in só ’n plek gesit het was met die desensitizing naweek waar ek in ’n groep van 15 ander seksuologie studente was. Nou waag ek dit op my eie.

Die parkering voor die Hustler winkel was leeg. Goed so, maar al sou dit vol gewees het, het ’n license to porn shop. Ek kom agter dat my agtersitplek van my kar is gestrooi met die nuutste uitgawe van my pa se Christelike tydskrif, Manna – Lees van gees en waarheid. (Wat ek nog die redakteur van is.) Ek dog dit wys om vinnig dit toe te gooi met my baadjie.

Ek het nie geweet wat ek verwag het nie, maar toe ek vir die man agter die toonbank nader met ’n  vraag het ek besef dat ek alreeds ’n porn shop reël oortree het ”Do not look, touch or talk to anyone.”

”Askuus tog, ek het gewonder of julle enige iets het oor fetishism?”

Die man se gesig was onbeskryfbaar. Hy moes gedog het dat ek ’n nuwe tiepe van fetish ontwikkel het.

Def: Porn shop Fetish – Om ander in ’n porn winkel ongemaklik te maak vir jou eie kink.”

Ek kon sien dat ek verder klarifikasie moes gee.

” Ek is besig met my studies in seksuologie en ek wil maar net so veel as moontlik op lees oor fetishism.”

” Ah huh, (asof hy nie my geglo het dat ek seksuologie studeer nie, maar in retrospek hoor hy dit seker gereeld)  ons het nie regtig baie leesstof oor sulke dinge nie. Al wat ons het is hierdie prentjie tydskrifte.”

”Ek sal dit neem dan, want ek het ’n  license to porn shop.”

Going undercover (vervolg) 2

As jy nog nie my eerste blog artikel gelees het hoe my gees-mens undercover vlees-mens gegaan het nie, kan jy dit hier lees.

Die desensitizing naweek het regtig daarin geslaag om my te desensitize in baie areas seksueel, en te traumatiseer in ander areas.

Voordat dat daar regtig n nuwe gesindheid van Gesonde Seks in die Christen se lewe kan kom gaan hy en sy desensitized moet word oor seks, want in baie Christene se koppe is dit groter op gebou as wat dit eintlik is.

Nadat ons ’n geruime tyd in die adult word deur gebring het, het ek net gebid dat ons lank genoeg geneem het om die straat-evangelis, vir wie ek voor die tyd gefluister het van my ‘undercoverness’ genoeg kans gegee het om klaar te maak met sy preek en aan te beweeg na ’n ander verlore straathoek.

Die gevoel om uit ’n adult world te stap is erger as om in een te stap. Ek het niks eers gekoop nie, maar ek het gevoel soos ’n Judas. Verraaier van die gees-mens om vir die vlees-mens tydelike plesier te gee. Gelukkig was my ontmoeting met die straat-evangelis net so traumaties vir hom as vir my en hy het aanbeweeg waar daar hopelik geen ‘undercover’ agents met sy teologie kon smokkel nie.

Een van my mede seksuologie studente kom staan langs my en sit haar arm om my. Dit was ’n ouer sussie oomblik, dat sy vir haar jonger naive boetie wil troos en beskerm. Bietjie weird, mens is nie noodwendig lus om ouer sussie of enige pseudo familie verhoudings te speel net wanneer jy uit ’n adult world stap nie.

Sy sê vir toe vir my, baie ouer sus-agtig ”Timothy, dit moes seker vir jou baie moeilik gewees het, being a Christian and all. Jou kop spin seker nou baie?”

Sy was reg, ek het nie geweet hoe om enige van hierdie vir die gees-mens te verduidelik en dit te regverdig nie. Maar gelukkig was my gees-mens nooit alleen nie. Net soos wat Jesus nie alleen in die woestyn in gestuur was nie, was die Gees saam met my gees-en-vlees-mens.

Ek antwoord haar dadelik terug met soveel oortuiging dat dit myself rustig gemaak het.

”Glad nie. Jy moet onthou dat al hierdie erotika behoort aan my God. Hy het dit alles gemaak, so in werklikheid was ek die persoon vir wie dit die maklikste was.”

Tipies ouer sussie wat afgesit word deur haar irriterende klein boetie wat nou net haar love letters gelees het en nie wil terug gee nie, het sy terug gedeins en my met groot oë aangekyk. Daardie antwoord het sy nie verwag nie. Dit was haar kop wat nou gespin het, waar ek ’n baie tjaf gevoel in my gees-mens gevoel het. My vlees-mens sal dit maak, want my God is skepper van die gees-mens asook die vlees-mens.

Seksuologie was nog altyd my destiny

Dit was die middel van my Matriek jaar en die tyd het aangebreek dat ek ’n loopbaan moes kies. As dit nie was vir my verskriklike lae M-telling nie sou ek dalk ingeskryf het vir sielkunde. Die mens se siege het my nog altyd geïnteresseer.  Ek besluit toe om die siel van die mens te verruil vir die gees. Teologie sou maklik gewees het, ek het immers in die kerk groot geword. Ek weet hoe sy operate en ek ken die Bybel. En die M-telling om teologie te studeer was een van die laagste om tersiêr te gaan studeer. Ek pass!

Dit was nie kort na daardie heel tegniese/lui besluit dat ek ’n ware roeping van bo ontvang het. Ek was alleen by die huis besig om my bedryfsekonomie huiswerk te doen toe ek net ewe skielik my boeke wegstoot en nonsens begin doodle. Wel, om eerlik te sê dit was nie ewe skielik nie, dit was ’n gereelde instelling om halfpad deur my skool huiswerk ’n breek te vang om vir my gedagtes ’n kans te gee om te herstel van die intense leer.

Die doodling het verander in ’n kragtige evangelistiese TBN prediker wat hardop preek. Die rede hoekom ek geweet het dit was nie ek nie, maar die Here, want dit was alles in Engels. Vir die volgende uur en ’n half het ek op en af in die gang geloop met my Bybel in die een hand en my beduiende vinger wat die denkbeeldige skare tug. Die passie, die vuur, die opgewondenheid wat ek gevoel het, was so oorweldigend dat ek geen twyfel gehad het dat dít is wat ek moet doen vir die res van my lewe. Preek.

Ek bel toe dadelik my pa en deel met hom die goeie nuus. Wel, nie daardie goeie nuus nie, aangesien hy alreeds gered was, maar die goeie nuus dat ek ook soos hy ’n predikant gaan word.

Dit was nie eers twee maande later tydens my rekord eksamen dat ek my eerste preek uitnodiging gekry het nie. Hierdie was sowaar bevestiging van bo.

My heel eerste preek wat ek voorberei het asook gepreek het, was getitel “Liefde in Verhoudings”

Ek het dit nie toe geweet nie, maar my koers was gestel om een van die land se top seksuoloë te word. Terwyl ek besig was om die belangrikheid van abstinence vir die hoërskoolkinders te leer, het die hele ry matrieks agter in die saal uitgemaak (vry) tydens my “Liefde in verhoudings” praatjie.

Duidelik het my talent en salwing daarin gelê om paartjie wit warm te maak vir mekaar eerder as om te praat oor the silwer ring thing.

Validiteit van ’n Gesonde Seks Bediening

Dit het nie baie oortuiging geneem van die Here om my arm te draai om seksuologie te begin studeer nie.

“Timothy, Ek wil hê jy moet seks begin studeer.”

“Here, ek wag al van my puberteit dae vir hierdie commission.”

Dit laat my dink aan die nota wat die Goldsmiths Universiteit op hulle rekenaar kamer se deur geplaas het.

“Unless viewing websites of an academic nature, residents are politely requested NOT to indulge in masturbatory acts whilst occupying this room.”

Van nou af gaan alles akademies van aard wees!

Natuurlik was dit nie goed genoeg om net ’n persoonlike commission te kry om ’n nuwe taboe rigting in te slaan nie, ek het ook die goedkeuring en ondersteuning nodig gehad van so paar ander mense in my lewe. Eerste persoon wie se goedkeuring ek nodig gehad het, was my vrou Janet s’n. Dit was nie baie moeilik nie, want die Here het met haar ook gepraat en dit was sy wat my aangemoedig het om in te skryf en so gou as moontlik te begin met my studies.

Nadat ons saam opgewonde geraak het oor die al die moontlikhede het ons besef dat ek nou my ouers se inkoop in hierdie heel eienaardige bediening sal moet kry. Aangesien ek my pa se multimedia bediening bestuur en die redigeerder is van die Manna Tydskrif kan ek nie net sommer doen wat ek wil nie. My nuwe bedienings rigting kan nie afbreek doen tot die ander bedieninge wat ek mee betrokke is nie.

“Pa, Ma ek wil my eie bediening in ’n rigting in neem wat ’n groot behoefte in die kerk wêreld aanspreek deur om die belangrikheid van intimiteit te beklemtoon.” Het vir my baie beter geklink as “Pa, Ma ek gaan begin seks studeer.”

My ouers het ook die nood gesien vir ’n Gesonde Seks Bediening en was self nooit iemand wat weg geskram het van iets taboe of kontroversieel nie en het hulle blessing vir my gegee.

Nadat ek my enrolment voltooi het en terug gesit het in my stoel besef ek ek het iets belangriks oorkyk. Die Kerk! Hoe op aarde gaan ek  aan die liggaam van Christus van my Gesonde Seks Bediening oortuig? Die Skrif gedeelte kom toe dadelik na my toe.

1 Korintiërs 12:12-27

“Net soos die liggaam ‘n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus.

Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk. 

Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie.

As die voet sou sê: “Omdat ek nie ‘n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. En as die oor sou sê: “Omdat ek nie ‘n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede eweneens nie op om deel van die liggaam te wees nie.

As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik?

Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar ‘n liggaam kon wees? Nou is daar wel baie lede maar net een liggaam.

Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.”

Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik, en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak, terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra.

As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.

Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan.”

 

Dank die Here dat die liggaam van Christus ook geseënd is met genitalieë.

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: