Got what it takes to be a Captain?

by Timothy Kieswetter

 

Elke keer wat ek hierdie advertensie sien dan raak iets binne my opstanding. (En dit is nie die Captain binne my nie.) Ek is een wat hou van ’n goeie grappie, maar wat hierdie stereotipering van die man nie snaaks maak vir my nie, is die feit dat ek met so baie paartjies werk wat in ’n huwelik vas gevang is waar hierdie onderliggende manlike chauvinism die norm is.

#1 Vir die manne om ’n goeie tyd te hê moet hulle eers ’n knertsie in kry.

#2 Die manne los hulle pragtige vrouens by die huis, want dit is meer fun saam met die manne. Hoekom? Dalk om ander hot chicks uit te check?

Ek verstaan die man is die jagter, of in hierdie geval die captain en sy missie is om nuwe lande te gaan verken. En om te verwag net omdat jy nou getrou is, dat jy jou oer-oue instink moet ignoreer, is onrealisties. Ons is wat ons is. Wat sê die slagspreuk? Elke man is van dieselfde klip gekap? (Vrouens dink meer in lyn van “met dieselfde klip gekap”)

Só, ek het nie ’n probleem met die challenge “Got what it takes to be a Captain?” wat die manne se kant toe gegooi word nie. My probleem is wat ons dink dit beteken.

Wees die jagter en wees jags!

Wees die kaptein en span jou seile! (Al haat jy daardie liedjie)

Maar vir hemels naam word groot en hou op om oppervlakkige ‘land-claims’ te maak en own dit ’n bietjie. (Suid-Afrika is vrot van land-claims, maar niemand bewerk die land nie. Wat beteken al hierdie jag/kaptein-verkenning vir jou werklik? Behalwe om punte te score by die manne?)

Wees jags vir jou vrou. Span haar seile en slaan saam ’n nuwe koers in. Moenie teen jou natuur gaan nie, maar gebruik dit om positief in jou lewe en huwelik in te bou, inplaas van om nog beteken lose ‘land-claim’ te maak.

As jy meer wil weet oor hoe om jags vir jou vrou te wees, lees my artikel “Mans die jagter? of net jags?