Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: Oktober, 2012

Reaksie tot my artikel “Moenie die kansel najaag nie”

image

Daar was heel wat bohaai gemaak oor my vorige artikel “Moenie die kansel najaag nie.” Mense het dit verkeerd verstaan dat ek gekies het om weg te stap van die bediening om ‘n seks winkel of besigheid te begin. Glad nie waar nie. Die rede hoekom ek Gesonde Seks begin het was en steeds is met die oog op bediening. Die keuse wat ek moes maak was oor hoe ek hierdie boodskap gaan oordra en waarop gaan ek fokus.
En dit is hier waar die volgende misverstand in geglip het. Waar ek van die breëpad afdraai na die smalpad. Ek weet die Bybel se konteks is die breëpad simbolies die wêreld-godelose-pad en die smalpad die geloofspad, maar in my droom het die twee paaie ander betekenisse. Die breëpad is die maklike manier om oor seks te praat in die kerk en dit is om dit te vermom met intiemiteit en eenwording en die fokus so gou as moontlik te skuif na die huwelik waar dit eintlik oor liefde en getrouheid en sulke mooi dinge gaan. Die smalpad (aka die moeilike pad vir my) is om oor die goedheid van seks te praat sonder enige verskoning, byvoegsel of waarskuwing. En dit is daardie pad wat ek gekies het. As ek agter geld aan was so ek my boodskap so verpak het om almal happy te hou sodat ek oorals uitgenooi word en net weer bevestig wat almal alreeds weet, hoe ‘n gesonde huwelik moet lyk.
My Gesonde Seks boodskap gaan verseker nie vir almal wees nie, maar vir die persoon wat alles al reeds probeer het en nog steeds nie sy seksualiteit kon onderdruk kry of hou nie, daardie persoon mag dalk net na my Gesonde Seks boodskap kyk en weer hoop kry. Hoop dat hy wel sy seksualiteit kan beheer en nie langer soos ‘n slaaf gebuk hoef te loop onder skuld en teleurstellings nie.

(Ek sê nie daar is enige iets fout met die kansel nie, ek is baie lief vir die kerk en respekteer altyd die kansel waarop ek staan. Ek sê ook nie dat almal oor seks moet begin preek nie. Ek sê nie my pad is beter as enige iemand anderste s’n nie. Wat ek wel sê is dat dit MY pad is, MY pad wat ek voel MY God vir MY voorgehou het en gesê het “Trust me”)

Advertisements

Moenie die kansel najaag nie

Opvolg tot “‘n Kerk of nie-Kerk boodskap?” My Gesonde Seks bediening het tot ’n punt gegroei waar dit aandag vereis het. Nie ek of die kerk waar ek was kon langer dit ignoreer nie en ’n besluit moes gemaak word hoe ek my Gesonde Seks boodskap gaan verpak. Gaan ek dit so verpak om nie die kerk-ganger se vere te veel te ruffle nie of gaan ek dit so verpak dat dit nie aan die wêreld daar buite aanstoot gee nie. (In retrospek dink ek nie ek kry enige van die twee goed reg nie.)

Op daardie stadium van my bediening was ek nog baie onseker oor Gesonde Seks en wat ek daarmee moet doen en het die meeste van my tyd in gebed en bepeinsing deur gebring opsoek na helderheid. Ek kry toe ’n droom.

Die droom

Ek sien hoe ek en my vrou in my X3 BMW op die N1 ry. Die pad is groot en wyd. Daar is baie karre en die geboue en stede langs die hoofweg is gevestig. Ek bring die kar tot ’n stilstand by ’n klein grond afdraaipad. Janet vra vir my waarnatoe gaan ek? En ek antwoord ‘trust me’. Sy herhaal dit weer maar die keer sit ek in die passasiers sitplek en die Here sit agter die stuurwiel en antwoord ‘trust Me’.

Ek draai toe af op die grondpad wat nou 90grade wegbeweeg van die hoofweg. Ek sien hoe dit al hoe kleiner agter my word. Die grondpad is klein en ongemaklik. Na ’n hele end se gery is daar ’n draai in die grondpad en ek kan nou weer die hoofweg voor my indie vêrte sien. Die grondpad sluit nooit weer aan by die hoofweg nie, maar eindig tog in dieselfde stad, doer in die vêrte.

Soos wat ek aanhou om op die grondpad te ry begin daar klein huisies en geboue opspring langs die pad. (Daardie tiepe geboue wat jy in die Western movies sien, al wat gekort het in die droom was die tumbleweeds wat oor die pad gerol het). Die spoed van die ontwikkeling langs die grondpad was indrukwekkend. Selfs die grondpad was besig om deur ’n metamorfose opgradering te gaan. Dit het breër geword, dit was geskraap en dit was geteer.

Ek ry toe met my X3 BMW in ’n KIA garage in om my ou kar in te ruil vir ’n nuwe SUV.

Die Interpretasie

Die interpretasie van die droom was duidelik die oomblik toe ek wakker word. Die hoofweg is die kerk, die tradisionele manier van bediening. Dit is gevestig en bedien baie mense en het baie motors (ander mense se bedienings) daarop.

Die feit dat ek in my huidige kar gery het, het gepraat van die hier en nou. Die grond afdraaipad is die keuse wat ek oor gewaarsku was. Wie gaan jy bedien? Hoe gaan jy jou boodskap verpak? Ek volg my hart en sê vir Janet sy moet my vertrou. Alhoewel logies dit nie sin maak nie, sy moet my vertrou want ek voel iets in my hart. Maar ten selfde tyd soos wat ek my vrou op die Gesonde Seks paadjie neem, voel ek die Here neem beheer van my toekoms en roeping en gee my rustigheid en sê ek moet Hom vertrou, Hy het ’n plan.

Die grondpad is die grys-area, dit is nie die normale wit en swart absolutes van die hoofweg bedieninge nie. Maar die belofte is daar dat daar groei sal wees op hierdie grondpad.

Vir die mense op die hoofweg gaan dit lyk asof ek wegbeweeg en my eie ding doen. Ek self gaan soms wonder wat de hel maak ek. Maar die aanhoudende groei gaan my oortuig ek doen die regte ding. Daar is mense langs die grondpad wat eens op die hoofpad was, maar vir wat ook al rede nie meer bedien word of belangstel in die hoofweg bedieninge nie. My grondpad bediening sal vir daardie mense hulp bring en die Goeie Nuus, (al is dit vereers vermom met die Gesonde Seks goeie nuus) verkondig.

Die feit dat my BMW ingeruil word vir ’n KIA Sorrento (Ek het toe na die droom my BMW ingeruil vir ’n KIA) wys twee dinge. #1 My grondpad Gesonde Seks bediening sal groei en sal nuwe wiele kry. Maar dit gaan ’n downgrade wees van BMW na KIA. Dieselfde tiepe status downgrade as wat dit was om vanaf ’n hoofweg bediening na ’n grondpad bediening te gaan.

Die droom los my met die sekuriteit dat ek nie hoef te bekommer oor die grondpad wat ek kies nie, want dit sal suksesvol wees en dit sal op die ou einde op dieselfde plek eindig as die hoofweg, maar dit gaan vir eers eensaam en hard wees.

Die bevestiging kort daarna

Ek het al vir baie lank oorweeg om seks speelgoed via my website te verkoop en het toe alles in orde gekry om daarmee uit te rol. Die dag toe ek dit publiek maak dat ek binnekort seks speelgoed op Gesonde Seks gaan verkoop, ontvang ek ’n oproep van een my toe pastore. Hy nooi my vir ’n koffie. Na die aanvaarbare hoeveelheid van chit-chat kom hy tot die eintlike rede vir die intervensie. “Timothy ek het gesien dat jy dinge op jou website gaan begin verkoop?!” Ek weet nie of dit ’n vraag of ’n stelling was nie.

Nadat ek alles verduidelik het en so meer drop hy die bom. “Ek wil jou net vriendelik laat weet dat as jy voortgaan met hierdie besluit, gaan die kerk geforseer wees om van jou bediening afstand te doen.”

Ek kry toe dadelik ’n glimlag en sê hardop. “Hier begin die grondpad, trust (M)y.”

 

 

 

My eerste Playboy het my vrou vir my gekoop!

Baie van die kere bekyk en oordeel ons ’n gegewe situasie of persoon slegs vanuit ’n morele oogpunt en ons verloor die dieper liggende interpersoonlike waarde. Moraliteit is nie so stabiel soos wat ons vermoed dit is nie. Moraliteit is iets wat verander en saam beweeg saam met die samelewing. Moraliteit is wat aanvaarbaar en toelaatbaar is in enige gegewe samelewing. Kom ons neem die voorbeeld van poligamie (getroud aan meer as een vrou) en monogamie (getroud met een vrou). In die grootste deel van westelike wêreld is monogamie die  aanvaarbare norm en is dus die adopted moraliteit. Maar in die Middel-Ooste, ‘Zululand’ en onder die Mormone in Amerika is daar niks vreemd om meer as een vrou te neem nie.

Jy mag dalk dadelik redeneer dat as jy ’n Christen is dan trump dit enige moraliteit van jou kultuur en jy word ’n nuwe skepsel en volg ’n nuwe stelreëls. God se moraliteit. En jy sal reg wees. Wanneer jy jou hart vir die Here gee dan is daar veronderstel om ’n verskil in jou lewenswandel te gebeur. Maar selfs in die Bybel en in die kerk se geskiedenis is daar honderde voorbeelde waar wat eens op ’n tyd en plek as moreel beskou was challenged was met ’n nuwe waarheid, ’n nuwe moraliteit. Jesus self het baie van die dag se Joodse morele waardes bevraagteken. (Matteus 12:1-16)

Die punt wat ek wil probeer maak is dat ons soms onsself kan blindstaar teen moraliteit (wat in elk geval ’n veranderlike is) en die MENS mis kyk.

Jy kan hierdie titel lees en dink dáár sý Timothy is way of track en duidelik neem hy sy vrou saam met hom. My vrou kon dieselfde gedoen het om my te kleineer, my te oordeel, my sleg sê, my te belet om ooit ’n ander vrou aantreklik te vind en al haar optrede sou moreel gestaaf kon word. Maar wat gebeur dan? Wat is die boodskap wat die man kry as sy vrou hom behandel soos sy moeder? Ek sien gereeld paartjies in my kantoor waar die man van mooi vrouens hou en sy vrou wil graag hê hy moet Jesus se woorde letterlik neem en sy oog uitpluk. Moraliteit mag dalk aan die vrou se kant wees, maar soms is dit beter om aan jou man se kant te wees.

Moraliteit is ’n goeie en ‘n belangrike ding, want dit hou die samelewing stabiel en leefbaar, maar daar is iets dieper as moraliteit en dit is interpersoonlike verhoudings. God wil ook nie net hê jy moet ’n morele Christen wees nie. Nee, Hy smag na ’n interpersoonlike verhouding wat dieper as die saamgestelde moraliteit van die gemeenskap is.

So ek het die morele ding gedoen en nooit ’n Playboy gekoop nie, want ek is ’n soet seuntjie! Maar die begeerte het altyd gebrand en die fantasie het gegroei. En omdat ek en Janet soos wat Genesis 2:25 voorstel “kaal voor mekaar staan en geen skaamte ken nie” het sy my seksualiteit verstaan. Sy het verby die dag se moraliteit gekyk en die mens gesien. Sy het verby haar eie insecurities gekyk en besluit om ’n interpersoonlike verhouding met haar man te hê. So vir my 28ste verjaarsdag koop sy vir my my eerste Playboy. (Dit was nog voordat dit in Suid-Afrika beskikbaar was en sy moes dit van Amerika laat invoer.)

Die gevoel is onbeskryflik. My vrou verstaan my, sy ken my donkerste geheime en is sekuur genoeg in haar eie identiteit en in my liefde vir haar dat sy my nie laat skaam voel oor my seksualiteit nie.

‘n Jaar later weet nie meer waar daardie Playboy is nie, maar ek weet waar my vrou is.

’n Skuilnaam is vir sussies!

Vroeg in my seksuologie loopbaan gesels ek met een van my pastore waar ek lidmaat was, oor my passie en Gesonde Seks bediening. Ek gee vir hom my besigheidskaartjie met die hoop dat hy my hart kon hoor en van my dienste gebruik om die groot behoefte in die kerk aan te spreek. Aan die einde van die meeting stoot hy my besigheidskaartjie terug oor die tafel en sê dat hy dink ek gaan baie meer sukses in die kerk kry as ek myself as ’n huweliksberader adverteer en nie as ’n seksuoloog nie.

Ek het weggestap met ’n ekonomiese-morele dilemma. Ek weet wat die pastoor gesê het, was waar. Die mense gaan afgeskrik word deur die woord seks. Ek sal baie meer uitnodigings en berading kry as ek die seks bietjie downplay. Dit is beter om saggies die onderwerp te benader en eerder na die groter prentjie te kyk wat tog mos die huwelik is. Gelukkig is daar so effense stekigheid in my wat my maak my eie kop volg. Buitendien, hoeveel huweliksberaders is daar al klaar werksaam in die kerke? En die huwelik is nog steeds ’n gemors. Nee, ons mis iets…Gesonde Seks! (My besigheidskaartjies het nog steeds die woord seks op, sommer op ’n paar plekke.)

Toe ek begin artikels en kommentaar stukke skryf vir tydskrifte en webjoernale het die mense wie besorg is oor my vir my gevra of ek nie maar eerder wil ’n skuilnaam gebruik nie. “Dit is seker nie nodig vir alles wat jy skryf nie, die intimiteit gedeeltes is mooi, maar die seks is ’n bietjie eksplisiet.”

’n Ander persoon het gevra moet ek regtig die woord seks op my boek “Wat Adam my van Seks geleer het” se cover gebruik. Is daar nie ’n manier hoe om dit sagter te stel nie. In die meeste huwelik boeke wat jy in Christen boekwinkel gaan koop sal jy gelukkig wees om een hoofstuk te kry wat net oor seks gaan. Gaan vra ’n bietjie vir ’n Christen weergawe van die Kama Sutra en kyk wat gebeur. Selfs my Adam boek is te erg vir sommige boekwinkel. “Agnee sies man, ons verkoop nie sulke boeke hier nie”, was die een takbestuurder se response.

Daar is nie ’n maand wat verby gaan wat ek nie die seks in my Gesonde Seks Bediening moet verduidelik nie. Selfs toe ek gister my Gesonde Seks kredietkaart by die bank opgetel het en die swart dame agter die toonbank dit lees kon sy net reageer met ’n baie gepaste “WAOH”.

Verlede maand skakel ’n man my van die Kaap en wonder of ek hom kan help. Hy het nou iets van my website bestel en moet nou die geld in my rekening in betaal. Die enigste probleem is my rekening se naam is Gesonde Seks. Hy kon nie homself kry om Gesonde Seks op die bank papiertjie in te vul nie.

Dit is interessant om te sien dat al die ander seks industrie besighede het ’n skuilnaam moeder maatskappy. Dit is dalk slim vir sake, want mense kan vrylik by jou koop en interact, sonder om ooit gekonfronteer te word met seks nie.

Duidelik is ek dan nie in hierdie besigheid vir die geld nie, want ek weier om ’n skuilnaam te gebruik. As ek ’n artikel skryf of dit nou oor God se liefde en genade gaan of 5 wenke vir die vrou om haar man die beste orale seks ooit te gee, sal ek dit met trots afeindig met deur Timothy Kieswetter.

En as iemand met my besigheid wil doen, dan moet hulle dit met Gesonde Seks doen.

Ek is nie hier om geld te maak nie, ek is nie hier om saggies op eier skille te loop nie, ek is nie hier om meer aanvaarbare metafore te gebruik soos intimiteit, ken mekaar, sielsgenote of bedmaatjies nie. Ek is nie hier om op die groter prentjie te fokus wat vir sommige alles behalwe seks is in die huwelik nie. Want vir my is seks die groter prentjie. Volgens my kan die meeste van ons sosiale- en huweliksprobleme toegeskryf word omdat die ons nie bereid is om openlik oor seks te praat nie. Die tyd vir tippie-tone en pussyfooting om hierdie onderwerp is verby. Vanoggend kry ek ’n email in my inbox wat vir my sê hy het na Gesonde Seks gekyk en hy dink ek het Jesus broodnodig want duidelik het die duiwel gewen om my brein met vleeslike dinge te vul.

Wel, hier is my response. “Liewe broer, jy het Seks broodnodig, want as jy nie so seksueel frustreer is nie, sal jy dalk minder van ’n geestelike fariseër hoef te wees.”

 

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: