Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: November, 2012

Rob Bell, nog iemand wat nie bang is om tradisie te bevraagteken nie

Ek sien Rob Bell as een van die pioneers van my generasie wat nie net bereid is om al die tradisie van ons voorvaders sonder vraag of verstaan te aanvaar nie, of om oor te gee aan die goddelose wêreld wat net hulle eie ding wil doen. Iemand wat Jesus probeer mimiek deur om netso veel liefde, genade en omgee te hê vir die verlore as vir die gelowiges, sonder om sy eie waardes te laat vaar.

As gevolg van sekere vrae wat Rob Bell gevra het van die aanvaarbare Christen tradisie, (en ek wil nie nou daarin gaan nie. Ek wil nie sy fight vir hom baklei nie. “Het my eie vure om uit te slaan J” is daar tans ’n groot vraagteken bo sy kop – is hy nie dalk ’n false profeet nie?)

Is dit nie juis die rede hoekom so baie van God se teenwoordigheid verlore geraak het in die kerk nie, want niemand is meer bereid om vrae te vra nie? Die dissipels het gereed vir Jesus gevra, maar wat bedoel jy nou? Die persoon wat vra vrae is nie iemand wat rebels is nie, nee, hy of sy is iemand wat ’n groter honger het en soekend is.

En hoekom is dit dat wanneer iemand die ‘status quo’ bevraagteken, word daardie persoon gebrandmerk met ’n groot “?” “Ons is nie seker oor so en so nie. Luister net na al die dinge wat hy bevraagteken?”

Moet ons nie liewer mense se werke, karakter en bedieninge oordeel volgens wat die Woord vir ons leer nie? (Matteus 7:15 – 18 “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie.”)

As jy al agtergekom het ek praat al lankal nie meer oor Rob Bell nie. Daar is baie mense daar buite wat ’n groot vraagteken bo my kop plaas net omdat ek baie vrae het. Ek kan nie help nie. Ek is honger. Honger vir nog meer. Honger vir groei. Ek het verseker nie al die antwoorde nie, maar as net ’n gewone mens is dit seker nie plek om al die antwoorde te hê nie, net die regte vrae.

Ek wil graag een van Rob Bell se Nooma video’s met julle deel, omdat dit oor Gesonde Seks gaan.

Die paartjie wat saambly word geoordeel…Hier is my opinie!

Anoniem vra: “Is dit reg van ‘n pastoor (wat pastorale berading doen) om reguit vir ‘n paartjie wat saambly te se dat hulle verhouding nie gaan werk nie.
Die paartjie wou hom gaan sien vir berading – maar hy se dat dit nie die moeite werd gaan wees nie, omrede hulle saam bly……….Beteken dit dat ALLE saambly paartjies sondaars is? Is dit dan die moeite werd om kerk toe te gaan en jou geloof uit te oefen?”

In reaksie tot die anoniem vraag vroeër vandag waar die pastoor ’n uitspraak gemaak het oor die sukses van ’n paartjie wat saambly en dus nie God se seën kan dra nie. My opinie is dat sulke tiepe antwoorde doen meer skade as goed. Ek is seker die pastoor bedoel goed en is vas oortuig hy doen die wil van die Here, maar al wat hy hierdeur regkry is om die paartjie toe te gooi onder skuld en meer vyandig te maak teen oor die kerk en Christenskap. Gekoppel aan die feit dat die pastoor nie weet waarvan hy praat nie. Selfs al lewe iemand in sonde, wie is ons om die oordeel van die Here “willie nellie” uit te deel? Die Bybel sê God laat dit reën oor die regverdige en die onregverdige. Ismael (Abram se oudste seun) was buite die eg gebore en volgens baie pastore is daar dus ’n vloek op die kind want die kind was deur “wellus” conceived. Maar die Bybel sê in Genesis 17:20 ‘Ek het gehoor wat jy oor Ismael gesê het. “Kyk, Ek seën hom ook. Ek maak hom vrugbaar, en Ek sal sy nakomelinge baie maak. Uit hom sal daar twaalf heersers stam, en Ek sal hom ‘n groot nasie laat word.”’

Ek het onlangs ’n navorsings vraag onder die Afrikaanssprekende Christen gevra. “Was jy ’n virgin op jou troudag?” 77% het gesê nee hulle was nie 3% het gesê hulle beplan om te wees en slegs 20% het gesê ja.

Mense, ons as geestelike leiers het die mense gefaal in die seksuele. Die boodskap wat ons oordra werk nie! Die meerderheid luister nie en 77% van die huwelike sit met opgehoopte seksuele skuld. Kan ons nie ’n beter manier vind om mense in hulle seksuele lewenswandel te help nie? Wat van ons begin om nie so vinnig te oordeel nie? Wat van ons sit en ons luister? Wat van ons help die paartjies where there at, inplaas van om te verwag dat hulle eers vir 3 maande nie meer moet saambly voordat die kerk besluit hulle is nou weer goed genoeg om te trou. Wat van ons fokus weer op die dinge wat regtig saak maak in ’n verhouding. En inplaas van om te sê dat jy lewe in sonde omdat jy saambly, wat van ons vra, wat keer jou om te trou? Wat is jou vrese? En dan mag jy dalk net agterkom dat die persoon uit ’n ouerhuis uitkom waar die pa en ma geskei het en die kind het nog nie daardie trauma verwerk nie.

Is ons nie dan in ‘n beter posisie om te kan help nie en om ‘n verskil in die persoon se lewe te kan maak nie?

Die veiligheid van die Kerk of die onsekerheid van Gesonde Seks?

As jy nog nie my vorige drome gelees het nie, sal dit sinvol wees om dit te lees om die konteks van my droomwêreld beter te verstaan.

Elke keer wanneer ek by my ouers in die Kaap gaan kuier dan los dit my met ’n vraag? “Moet ek nie dalk in die kerk rigting gaan nie? Ek kan ook oor normale dinge preek! Ek is ook lief vir Jesus! Ek weet ook hoe om te bid en Bybel te lees!”

Vir die van julle wat nog nie weet nie, my ouers het ’n gemeente in die Kaap begin so jaar of so gelede “Die Bron” en die seëning van die Here is so duidelik daarop dat dit my lus maak om ook deel daarvan te word. Toe my ouers met die gemeente begin het, het hulle vir my suster en haar man, wat toe pastore in Kuruman was, beroep Kaap toe. (Die weer is ’n bietjie beter in die Kaap hoor ek.) Nou sit my hele familie in die Kaap, in die bediening, in dieselfde kerk, besig om die Here se koninkryk te bou. En waar is kiepie? Alleen in Pretoria besig om met mense te praat oor hulle seks lewens!

Hierdie was vir my ’n moeilike besluit gewees om nie die veiligheid van die kerk te kies nie. Veiligheid in die sin van, teologiese veiligheid, finansiële veiligheid, covering veiligheid en hate mail veiligheid. (Ek is seker daar is ook predikante wat hate mail kry!)

Ten spyte van die hunkering in my om in te blend en die mainstream ding te doen kry ek elke keer die gevoel om te bly en om aan te gaan met Gesonde Seks. Na een van my Kaap trips droom ek hierdie droom.

Droom:

Ek staan in ’n bunker wat in ’n berg gebou is. Daar tipiese weermag bunkers wat gebou is vir veiligheid. In die bunker loop my ouers rond, my suster en haar man. Dit is hulle bunker. Ek inspekteer die bunker van hoek tot kant en bewonder die veiligheid daarvan. Ek oorweeg dit om daar te bly.

Ewe skielik vind ek myself in ’n landery. Die grond was sopas klaar geploeg en in die middel van die landery staan my KIA kar en soos wat ek daarna toe loop verander die KIA na ’n Hyundai H1 (My droom kar). Ek sien hoe die skuifdeur oop staan en die kinder se tasse is oop en al die klere is orals gestrooi. Iemand het my beroof. Ek is so kwaad vir die Here en vra vir Hom hoekom het Hy dit toe gelaat? Hoekom het hy ons nie beskerm nie?

Met daardie vraag word ek wakker en ontvang dadelik die interpretasie van die droom.

Interpretasie:

Die bunker is natuurlik my ouers se kerk wat ek seriously eye. En terwyl ek probeer om my bediening daar te maak werk, word daar van my huidige bediening (karre praat baie maal van ministry – veral as dit ’n traveling ministry is) gesteel. Die antwoord is duidelik. Omdat ek nie al my aandag by my Gesonde Seks bediening plaas nie, maak ek myself oop vir potensiële skade. God se beskerming lê daarin om in Sy wil te wees vir jou lewe. God beskerm en seën my ouers en suster in die kerk omdat dit God se wil is vir hulle. God seën en beskerm my in my Gesonde Seks bediening want dit is Sy wil vir my.

Die upgrade van die KIA na die H1 praat weer van groei en momentum in my bediening. Die feit dat die kar in die middel van nêrens staan, kan na ’n paar dinge verwys. Dat my traveling ministry my gaan neem na plekke soos, Steelpoort, Christiana, Koster en Kanoneiland. Dit kan ook verwys na my vorige droom oor moenie die kansel na jaag nie, waar ek alleen op die grondpad ry. Gesonde Seks is ’n alleen bediening in die sin dat daar nie baie pioneers is wat die onderwerp van Gesonde Seks in die kerk of onder die Afrikaners oopgebaan het voor my nie.

Maar wat my die meeste opgewonde maak oor hierdie droom was dat die kar in die middel van ’n geploegde landery gestaan het. Hierdie is bevestiging waar ek voel die Here my spesifiek geposisioneer het. Nie in die landerye wat gereed is om geoes te word nie, waar die kerk homself bevind. Lukas 10:2 “Jesus het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”

Maar op ’n dor stuk land. Op sommige plekke moet daar nog gedisc word, geploeg en dan begin die saai proses. Die werk van ’n pionier. Ground breaking work. Die afbreek van ou taboes. Die voorstelling van nuwe Gesonde Seks filosofie en gedagte patrone. En ultimately die saaiing van ’n nuwe generasie wat die ware betekenis van intimiteit verstaan en geniet.

 

 

 

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: