Raak ontslae van die Bybelkenner en verkoop jouself net as ’n seksuoloog!

by Timothy Kieswetter

preacher

Anoniem skryf:  Timothy ek dink jy moet eerder God / godsdiens heeltemal verwyder van gesonde seks. Hoe jy dinge sien is jy besig om grys areas te skep, jy het die Bybel aangehaal en dit se duidelik jy mag nie kyk en begeer nie. PUNT niks van dit hang af of jy gemaklik is met jou seksualiteit nie. Ek dink jy is besig om dit wat in die Bybel staan te overrule met jou eie opinie. Wees jy die seksuoloog en laat die Bybel die Bybel bly en los die Kerk en hul menings waar dit hoort.

Hierdie is nie die eerste keer dat ek hierdie versoek gekry het nie. En hier is my antwoord daarop, nogsteeds.

Ek maak jou ‘n deal. Sodra die kerk wat volgens jou die enigste een is wat die reg het om hulle opinies oor die Bybel publiek te maak, sodra hulle saam stem oor die doop, sal ek ophou my siening oor die Bybel gee. Maar tot dan is ek geregtig om ook Skrif te verduidelik soos ek dit sien, navors en bestudeer net soos wat die kerk hulle reg het om Skrifte te gebruik om hulle siening oor die doop te regverdig.

My hart is agter God aan. My filosofie oor Gesonde Seks is een man vir een vrou vir ewig. Maar die manier hoe ek mense probeer help om by daardie ‘Eden-bloudruk’ uit te kom is net ’n bietjie anderste as wat die tradisionele manier van ‘kom ons sit seksuele oogklappies aan’. So as my seksuologiese boodskap en tegnieke nie vir jou werk om by jou Eden-bloudruk uit te kom nie, moenie vir my advies luister nie. Ek kan ook nie sê dat wat ek sê is die volle waarheid of die enigste ‘reg’ nie, al wat ek kan doen, is om deur wat ek verstaan van die Skrif en van Seksualiteit deur my studies, berading en verhouding met God aan julle kommunikeer op ’n manier wat mense vry maak van onnodige seksuele skuld ter selfde tyd om nie ander mense in die versoeking te plaas nie.

God seën en Gesonde Seks

Timothy Kieswetter

Bybel en Seksualiteitkenner