Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: Februarie, 2013

Meer as 10 000 boeke al verkoop!

books

Ek het gister deur een van my ou lêers geblaai en was verras toe ek my heel eerste boek/manuskrip gevind het. “Alleenheid vs. Eensaamheid”

Hierdie boek/manuskrip het ek geskryf toe ek in St8/9 was. (Baie diep vir iemand met ’n gesig vol puisies en sonder enige meisies. Dus dalk die rede hoekom ek ’n boek oor alleenheid en eensaamheid wou skryf)

“Alleenheid is nie dieselfde as eensaamheid nie. Jy kan stoksiel alleen wees, maar tog glad nie eensaam voel nie of jy kan omkring wees met menige vriende en tog oorval word met eensaamheid.”

Kort nadat ek die boek oor alleenheid en eensaamheid geskryf het, het ek my tweede boek/manuskrip geskryf: “Depressie: Hoe om dit te oorwin”. (Dalk omdat ek solank tyd spandeer het aan alleenheid en eensaamheid)

“Depressie is ’n gevolg gevoel van wat gebeur het. So verander wat jy kan sodat jy die gevoel van depressie môre of oormôre kan oorwin.”

Dit was in my Matriekjaar toe ek een van my manuskripte vir my Afrikaanse juffrou wys, toe sy my voor die hele klas geantwoord het. “Timothy, jy sal nooit ’n skrywer word nie, want niemand stel belang om te lees waarmee jy worstel nie.”

Die resep om nooit my gevoelens weg te steek nie, is een wat ek dink nog altyd vir my gewerk het. Dit het dalk baie meer kritiek my kant toe genooi, maar dit is dalk DIE ding wat gekeer het dat ek nie vêrder in depressie in gesak het nie.

Ek is ook nie oortuig dat my Afrikaanse juffrou reg was, deur dat niemand belangstel in wat ek dink nie. Want wat ek dink is wat BAIE ander mense mee worstel, maar net te bang of skaam is om dit te sê.

Ek skryf toe ’n reeks boeke oor gebed nadat ek vir een van my vriende gesê het ek is nie die biddende tiepe nie. Ek is meer jou tiepise Evangelis. Ek het al agtergekom God het ’n bietjie van ’n snaakse sin van humeur want dit was nie kort daarna dat my hele lewe oor gebed gedraai het. Ek het selfs my eie gebedsaksie vir tieners gesig: JWB – Jeug wat bid. Die reeks oor gebed het daarvan uit gekom: “Gebedshandleiding vir beginners”, “Gebedshandleiding vir gevorderde bidders” en “Gebedshandleiding vir intercessors.”

Gebedshandleiding vir beginners” was my eerste boek wat in die winkels (’n totaal van twee) verskyn het. (Al twee winkels het darem uitverkoop!)

My grootste (in woordetal 140 000+) manuskrip het ek klaargemaak in 2003. “The Modern Exodus” is ’n novel oor twee gesinne. Een wat gelewe het in Moses se tyd tydens die eksodus uit Egipte en ’n moderne familie wat besig was met ’n geestelike eksodus uit ou dogma en tradisie. Wat hierdie twee families verbind het was Abidolin en Sarata. ’n Engel en ’n gevalle engel wat oor die familie in Egipte geveg het en weer mekaar ontmoet in die 21ste eeu om te veg vir die siele van die inwoners van Boast.

My volgende twee boeke het ek saam met my pa geskryf: “Kyk nou net hoe werk gebed” en “Geniet ’n oorvloedige lewe”. Al twee van hierdie boeke was vir lank op die winkelrakke beskikbaar.

Dit was eers in 2011 toe ek my eie boek publikasie kontrak van Maranatha uitgewers kry om my eerste Gesonde Seks boek te publiseer “Wat Adam my van Seks geleer het”. Hierdie boek was vir die laaste jaar op Gospel Direct se top 20 verkopers lysie.

Ongelukkig is my nuutste boek “Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis” ’n bietjie te wit warm vir ’n Christelike uitgewer, Christen boekwinkels en kerke om te oorweeg. Amper asof Christene of a) nie ’n probleem het met hulle sekslewe nie of b) nie hulle sekslewe mag verbeter op enige ander manier as om daarvoor te bid nie. (In daardie geval sal ek aanraai jy lees my boek “Kyk nou net hoe werk gebed”.)

Een baie geestelike man vra my die ander dag om hom te help met sy sekslewe. Ek stel voor hy en sy vrou kom spreek my, maar al wat hy wou gehad het ek moes doen was om vir hom te bid dat sy vrou orgasmes moes kry. Ek het vir hom genoem dat ek vir hom sal bid, maar ek weet alreeds wat die Here sou antwoord: “Gaan sien ’n seksuoloog.”

Ek kan verstaan hoekom so baie Christene en Christen instansies bang en skaam is om oor seks te praat en daarom sal ek aanhou om my Afrikaanse juffrou verkeerd te bewys en aanhou skryf oor wat in my kop en hart aangaan, want ek weet daar is mense daarbuite wat sukkel om hulle gevoelens en worstelinge ’n stem te gee en wanneer hulle lees van ’n gewone man/mens/pa/seun/gelowige/soms twyfelende/ af en toe depressiewe persoon se oop en eerlike gedagtes oor sensitiewe sake, dalk sal dit net genoeg wees om die alleenheid en eensaamheid te bestry.

Advertisements

Die Vervreemde Bekende God #1

Question-God

 

Handeling 17:22-23 “Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is.

Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook ‘n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan ‘n onbekende god.’ “Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle.”

Hier lees ons waar Paulus in Atene vir die Grieke vertel van Jesus Christus. Hy let op dat hulle baie godsdienstig is in alle opsigte, maar dat daar een altar is vir die “Onbekende God”. Paulus het daardie geleentheid gebruik om hulle van Jesus Christus te vertel.

In Suid-Afrika vandag het ons nie daar dieselfde probleem van ’n Onbekende God nie. Ons ken Hom. Jesus Christus. Die meerderheid Afrikaners noem hulleself Christen. Hoe ek die probleem in Suid-Afrika sien is veel groter as wat Paulus in Atene gesien het. Omdat ons so baie van God weet en al gehoor het, het ons soeke na Hom opgedroog en dood geloop. Ons “geesmens” het gestagneer. (En hier bedoel ek nie dat ons meer Geestelik en minder Vleeslik moet word nie, maar meer HEEL moet word.) Want so baie van ons godsdiens is gesentreer net rondom om die Onbekende God, bekend te maak. Maar hierdie Bekende God, is vir so baie van ons steeds vervreemd.

Wat help dit ons as God bekend is aan ons, maar ons is vervreemd van Hom?

Ons ken sy Naam, maar nie sy liefde.

Ons ken sy almag, maar nie sy kompassie.

Ons ken sy geregtigheid, maar nie sy genade.

Ons ken sy grootheid, maar nie sy misterie.

En omdat hierdie God nie vir ons onbekend is nie, voel ons nie verlore nie, maar omdat ons van Hom vervreemd is voel ons eensaam en alleen in ons geloof en lewenswandel.

 

Bepeins die volgende:

Is God waarlik aan my bekend gemaak?

Ken ek Hom of dra ek kennis van Hom?

Is God se teenwoordigheid tasbaar in my godsdiens en lewe?

Is ek van God vervreemd?

 

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: