Is daar genade te vinde in die middel van die wet?

by Timothy Kieswetter

grace1

Ek weet die Here het my en Janet geroep vir ʼn baie unieke bediening: Gesonde Seks.

En soos wat ons oor die jare in hierdie Gesonde Seks bediening in groei word ons gekonfronteer om ons huidige persepsies oor seksualiteit te heroorweeg. (Ek en Janet het ook in die kerk groot geword, ook verskriklik lief vir die Here en ook in dieselfde atmosfeer groot geword van waar seks iets taboe is.) Dit is iets wat onsself bietjie vir bietjie uit moes groei (breek, soms.) om op ʼn punt te kom om ons siening oor Gesonde Seks met andere te deel.

Soms gebeur dit dat ons iets deel, wat te hard op die ore val.

Wat te ongelooflik klink.

Wat te wêrelds voorkom.

Wat klink asof ons absoluut van die pad byster geraak het.

(Soms het ons ietsie nie op die beste moontlik manier gedeel nie en soms juis op die regte manier. In beide gevalle is dit klippe wat ons in die bos gooi.)

Die rede hoekom ons voel om soms die voëlhok te skud is omdat dit die enigste manier is om deur te breek tot ʼn dieper understanding. (Ons is nie besig met skokterapie nie, of probeer om te wys hoe liberaal onsself is nie.) Die hart agter hierdie klip in die bos is omdat ons tot sekere afleidings kom as gevolg van ons elke dag se werk met gebroke huwelike. Afleidings van “hmm, miskien as die paartjie so dit sal sien” of “as die individu die situasie so sal benader” sal die pyn en seer, bitterheid en haat, angs en wantroue vinniger sal verdwyn.

Soos ʼn mens verwag kan jy nie ʼn klip in die bos gooi en nie verwag dat die bos iets terug gaan gooi nie. (Ja, ons is ook net mens en maak gereeld foute.) En daarom wanneer daar terugslae is en teenkanting gaan ons altyd terug na ons core filosofie, dat ons glo God het ons geroep vir hierdie unieke-pionier bediening en dat Hy ons lei.

En wanneer mense ons begin aantyg dat ons nie meer die Here se wil doen nie, neem ons dit ernstig op en doen die introspeksie by die voete van die Here.

Iets wat baie na aan my en my vrou se hart is en wat al hoe sterker geword het met ons Gesonde Seks werk is GENADE.

En dit is ook een van die onlangse klip in die bos. (Die bos het redelik hart terug gegooi, so ons het terug gegaan na God om wysheid te vra.)

Ek neem toe die Bybel en vra vir God om met my te praat want ek is bewus van die groot platform wat Hy vir my gegee het met Gesonde Seks. (Dit is iets wat swaar op my skouers rus. Elke liewe een van julle se huwelik rus swaar op my. En ek besef dat my opinie oor sekere sake groot gewig dra. Hierdie verantwoordelikheid is iets wat my soms siek maak, want hoe kan ek, feilbare ekke, met hierdie verantwoordelikheid sit?)

Ek sê toe vir die Here ek gaan aspris in die Ou Testament oop maak want ek weet die kanse om genade daar te vind is minder, so ek gaan dit moeilik maak vir Hom om vir my Sy genade te wys. (Want die vraag wat ek in my kop mee rondloop as gevolg van die klippe wat die bos terug gegooi het is, “het ek nie hierdie keer TE veel genade gewys nie.”)

So ek maak toe die Bybel oop by Eksodus 23:10 (Slegte boek om genade by te soek. Die opskrif is Sabbath Laws.) My hart sink om te dink dat ek ʼn groot boo-boo gemaak het, want duidelik gaan die Here nou die wet neerlê.

Eksodus 23:10 (NIV)

“For six years you are to sow your field and harvest your crops, but during the seventh year let the land lie unploughed and unused. Then the poor among your people may get food from it, and the wild animals may eat what they leave. Do the same with your vineyard and your olive grove.”

 

Wow, God se genade is so groot dat selfs in die Ou Testament, in die middel van die Sabbat wette, gee God genade vir die arm mense en die wilde diere.

Nou in Gesonde Seks se konteks is die land eienaars die huwelik en daar is sekere wette van die land, soos moenie op mekaar verneuk nie, moenie mekaar seksuele omgang weier nie, moenie ander vrouens begeer nie, ens. Wette wat daar is om die land eienaars, (die huwelik) te beskerm.

Tussen deur die wette, wys God kompassie vir die gebroke tussen ons. Vir die armes van liefde, vertroue en respek. Selfs vir die wilde diere is daar genade. ʼn Geleentheid vir hoop en ʼn beter toekoms. Die armes in ons konteks praat van die mense wie wel een van die wette gebreek het, wie wel verneuk het, mekaar seks geweier het, ander begeer het, ens. God jaag hulle nie af die land of maak dit onmoontlik vir hulle om te lewe nie. Nee, Hy in die middel van die Sabbat reël om nie die sewende jaar die lande te bewerk nie, gee Hy geleentheid vir twee groepe mense om wel die land te bewerk en daarvan te lewe.

So as die armes die mens verteenwoordig wat ʼn fout begaan het, sonder dat dit sy motief was om aspris een van die huwelikswette te breek, en nou berou daaroor het, verwys die wilde diere dan na die persoon in die huwelik wie nie net die huwelikswette breek nie, maar wie se hart verhard is en wie se motief dit is om te steel, verwoes en dood te maak. Hierdie tipe persoon wys geen berou of tekens dat hy/sy binnekort gaan tot inkeer kom nie.

Selfs vir hierdie wilde dier van ʼn mense, gee God genade, hoop, nog ʼn kans tot ʼn beter lewe.

 

Mense, ek verstaan nie alles nie en hoe meer ek dinge begin verstaan hoe minder verstaan ek ander. Maar wat ek verseker weet is die pad waarop ek en Janet loop en wel ander mense ook op lei is ʼn pad wat ons in ons hart voel is die pad waarop die Here ons geplaas het.

Dankie vir die wat saamstap.