Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: Julie, 2013

Jy hoef nie God aan my te verkoop nie.

sales person

In  ander dele van die wêreld waar God dalk minder bekend is, mag hierdie stelling van ‘Jy hoef nie God aan my te verkoop nie’ dalk nie waar wees nie, maar hier in Suid-Afrika waar ons groot geword het met Christenskap in ons melkbottel glo ek vas dat ons nie God hoef te verkoop nie.

Die probleem om God die hele tyd te wil verkoop aan mense is dat ons maklik soos telefoonverkoopspersone kan oorkom. En wie van ons hou van daardie private number oproep?

Die voel asof telefoonverkoopspersoon meer gefokus om hulle maandelikse kwota van sales te bereik, as wat hulle regtig omgee oor die mense aan die anderkant van die verkoops-pitch.

In ʼn land soos Suid-Afrika, glo ek dat daar nie ʼn tekort is aan telefoonverkoopspersone nie (of selfs meer ʼn groot behoefte vir hulle nie), maar wel aan aftersales services en kliënte diens.

Waar die individue belangriker is as die sales-pitch.

“Timothy, probeer jy nou hier vir my sê dat jy dink die 90%+ Afrikaners wat hulleself Christen noem, leef die Christenlewe?”

“Nee, glad nie. Ek dink ons is baie ver van waar ons moet wees.”

“Dan moet ons mos harder werk om God aan mense te verkondig.”

“Jy koop mos nie elke keer ʼn nuwe kar as jy hom moet inneem vir ʼn diens nie.”

 

Ek is vas oortuig as ons minder ‘preek’ en meer ‘leef’ sal daar meer Jesus-gelykvormigheid onder ons mense plaasvind.

Baie keer is daar net ʼn blok wat tussen die persoon en Jesus staan. En tot dat die blok nie verwyder word nie, sal geen hoeveelheid van ‘prekery’, Jesus meer aanloklik maak nie. Die aanloklikheid van God was nog nooit die probleem nie. Dit is wat in die pad staan wat my van God weerhou.

Hierdie blok kan baie verskillende dinge wees; emosionele seer, pyn en verlies of fisiese siekte en verlies. Soms is daar ʼn ander persoon wat tussen ons en ons God staan. (Baie maal is dit ʼn geestelike leier wat meer preek as leef.)

En hoe meer ons aan iemand God verkoop wat ʼn blok het, vergroot ons net die verlore-persepsie. En as hierdie verlore-persepsie by die persoon groot genoeg word, is daar die kans dat die persoon hoop verloor om ooit ʼn ‘normale’ Christen te wees en gee op om enige verhouding met God na te jaag.

Kom ons stop met ons verkopery en begin om te luister. Luister lank genoeg en ons sal vinnig optel waar en wat hierdie persoon se blok is.

As dit verwerping is, gee aanvaarding.

As dit teleurstelling is, gee troos.

As dit verlies is, gee hoop.

As dit hartseer is, gee simpatie.

As dit bitterheid is, gee vergifnis.

Vir enige iets anderste gee onvoorwaardelike liefde.

 

Ek is vas oortuig as ons die blok, persepsie en vrese sal verwyder sal God almal soos ʼn trekpleister na Hom nader trek.

Advertisements

#WhyIbecameanAtheist

atheist

Soos wat ek Vrydagoggend deur my Twitter feed gelees het sien ek ʼn # raak wat in Suid Afrika besig was om te ‘trend’. Nou vir die van julle wat nie Twitter goed ken nie, ʼn # vooraan ʼn woord maak dit ʼn gemeenskaplike debat, waaraan enige iemand in die wêreld daaraan kan deel neem. Ek probeer al vir jare #gesondeseks ʼn gemeenskaplike debat maak, maar niemand wil byt nie!

En wanneer genoeg mense saam gesels oor ʼn spesifieke # dan begin daardie gesprek ‘trend’. Voeg dan by dat Twitter weet waar jy is in die wêreld, kan ons presies sien watse # gesprekke ‘trend’, waar in die wêreld. En in Vrydagoggend se geval het #WhyIbecameanAtheist getrend in Suid Afrika.

In die verlede toe ek nog pastoor werk gedoen het sou ek dadelik daar teen gebid het en my eie #WhyIbecameaBeliever begin het. Maar vir een of ander rede dink ek nie mee so nie, en besluit toe om die #WhyIbecameanAtheist te volg.

Soos wat ek so paar tweets lees, kom daar nog ʼn update ’20 new tweets’.

Ek refresh.

Lees so paar nuwe tweets, kom daar nog ʼn update ’20 new tweets’.

Ek refresh.

Lees een of twee. ’20 new tweets’.

Duidelik was hierdie # gesprek ʼn wit warm onderwerp waaroor baie mense baie het om te sê.

Soos wat ek mense se redes lees hoekom hulle atiese geword het, het my hart so hartseer en kwaad geraak terselfdertyd. Hartseer vir so baie mense wie ʼn valse boodskap en blootstelling van God ontvang het, en kwaad vir die mense (gewoonlik Christene) wat God verkeerd en vals verteenwoordig het.

Ek’s mal oor wat een van my gunsteling predikante, Rob Bell in sy boek ‘Love Wins’ geskryf het. Hy vertel hoe hy met ateïste praat en nadat hulle altyd sinne gooi soos: “Dis die rede hoekom ek nie in God kan glo nie.”

Antwoord Rob Bell altyd terug met: “maar ek glo ook nie in so ʼn God nie.”

Hierdie briljante antwoord, maak die deur oop vir ʼn gesprek en toe vir ʼn preek nie.

En soos wat ek die #WhyIbecameanAtheist gesprek gevolg het, het dit duidelik geraak dat ons in Suid Afrika is gatvol vir preke en smag meer na gesprekke.

Hierdie een dame tweet iets in die lyn van. “Die kerk het my skuldig laat voel oor al die vrae wat ek het, terwyl wetenskap my geprys het vir dit.”

Hoekom is die kerk so onverdraagsaam met mense wie vrae het?

Hoekom klim ons so vinnig op ons perdjie wanneer iemand iets bevraagteken wat ons blindelings glo?

Is dit nie ʼn teken dat onsself nie weet hoekom ons dit glo nie, en daarom vermei ons alle gesprekke daaroor?

Kyk na wat Jesus gedoen het, elke keer wanneer iemand Hom bevraagteken het. Het Hy tot die bittereinde baklei om mense te oortuig van sy Goddelikheid?

Nee, Hy het meeste van die kere ʼn vraag terug gevra wat ʼn gesonde gesprek aan die gang gesit, en ander kere het Hy net stilgebly en niks gesê nie.

Maar ek vind nêrens dat Hy in ʼn ‘Bible-Bashing’ mode ingegaan het en almal vertel het hoe verlore hulle is nie. Inteendeel die enigste ‘Bible-Bashing’ wat Jesus gedoen het was teenoor die ‘Bible-Bashers’ hulleself.

Ek hoef nie baie lank die #WhyIbecameanAtheist te gelees het voordat ek die eerste ‘Bible-Basher’ gevind het nie.

Sy tweet het soos volg gelui: “Watse se duiwelse gesprek is besig om in my land te trend. Weet julle nie julle almal gaan brand in die hel nie?”

Kort na daardie tweet.

20 new tweets.

Refresh.

20 new tweets.

Refresh.

20 new tweets.

Refersh.

20 new tweets.

Refersh.

20 new tweets.

Refresh.

 

Gelukkig het my beradings kliënt toe opgedaag en ek kon vrykom van #WhyIbecameanAtheist

Die pastoor in my dink om ʼn nuwe # te begin, een wat nie net op Twitter trend nie, maar in elke gelowige se hart.

#WhenIstoppedcallingmyselfChristianandStartedLivingLikeOne

 

Die swart taboe is nog wit warm in Suid-Afrika.

black-white-hands

So een keer ʼn jaar waag ek dit om iets te sê oor iets wat baie na aan my hart lê. En op Mandela Dag 2013 het ek weer my kop in ʼn byenes gesteek.

Die van julle wat my ken en my volg op Gesonde Seks weet dat ek gereeld ʼn klip in die bos gooi. Dit is gewoonlik iets oor seksualiteit om mense uit te daag met ʼn nuwe uitkyk of persepsie oor seks en sulke dinge. Die Here het vir my baie genade en beskerming gegee wanneer ek oor Gesonde Seks praat, want ek glo dit is deel van my roeping en daarom is daar bonatuurlike beskerming.

Maar wanneer dit kom by nog ʼn groot passie van my “anti-rassime” het die Here my oor en oor gesê ek moet versigtig wees, want dit is nie my roeping nie. (Of altans nog nie.)

Ek wou al 2 maal my politiese hoed op te sit en my stem daar dik te maak, maar elke keer het ek gevoel nie nou nie.

Ek is baie bewus van die feit as ek almal op Gesonde Seks kwaad maak oor my “anti-rassisme” gaan ek nie meer ʼn Gesonde Seks bediening hê nie.

Maar so een keer ʼn jaar kan ek dit net nie meer in hou nie en ek moet daaroor praat. Ek moet iets sê. Ek moet halt roep tot wat ook al dit is wat ons so mekaar laat haat en verafsku.

Die Bybel sê daar is niks nuuts onder die son nie, en rassisme is ook nie uniek tot Suid-Afrika nie. Dit is ook seker iets wat altyd die mensdom sal volg. Maar ek hoef nie daarvan te hou nie. Ek hoef nie my hart vol haat te maak nie. Ek kan leer om te vergewe. Ek kan leer hoe om die mooi in iemand anderste raak te sien. Ek kan ook die rasse grens oorsteek soos Jesus gedoen het toe hy met die Samaritaanse vrou gepraat het.

Ek het vandag op my Gesonde Seks FB blad gevra: “Hoe sal jy reageer as jou kind na jou toe kom en sê dat hy/sy verlief is op ‘n persoon van ‘n ander ras en beplan om te trou?”

Ek weet dit sou roer en kwaadgevoelens opstook. Maar dit is wat jy moet doen met ʼn taboe. JY MOET DAAROOR PRAAT.

En praat beteken oopgesprek. Nie die heeltyd dieselfde retoriek van vorige generasies nie.

Ons is kwaad, ons is bang, ons is vol haat.

Ons hou vas aan al hierdie gif want ons glo dit beskerm ons teen die groot gevaar.

Nee dit doen nie. Hoe gaan jou haat teenoor  ʼn swart man keer dat hy jou beroof?

Jou haat in jou hart het jou al lank al beroof van ware blydskap en vrede.

Die Bybel sê ons moet nie bang wees vir mense wat iets aan ons vlees kan doen nie.

Ek verstaan daar is baie mense met baie seer, pyn en trauma deur die hand van ʼn swart persoon.

Maar kom ons besef net dat nie alle swart persone het dit aan jou gedoen nie.

As ook nie vergeet van al die wit persone in jou lewe wat jou netso seer gemaak het nie.

My punt is diè.

As ons gaan toelaat dat ons vrese en soms ons kortsigtigheid ons gaan heers, sal ons nooit ʼn lewe van oorvloed kan beleef nie. (Ek ek praat hiervan die tipe oorvloed wat saak maak. Liefde, vrede, vreugde, selfbeheersing, getrouheid, sagmoedigheid, geduld, goedheid en vriendelikheid.)

Die enigste manier hoe ek dink ons gaan ontslae kan raak van ons rassisme en ons haat, is om onsself in iemand anderste se skoene te sit.

Ek was dalk gelukkig omdat ek my hele skoolloopbaan gespot was oor my blas vel. Na elke Desember vakansie by die see, moes jy eers my broek aftrek om my wit boude te sien om seker te maak wie ek was.

Elke liewe dag van laerskool en helfte van die hoërskool, was ek ʼn kaffer en ʼn meidenaaier genoem. Elke dag.

Vandag is ek bly daaroor, want dit het twee belangrike lesse vir my geleer:

#1  Om sterk te staan teen kritiek en verbale boelies want die Here het geweet ek gaan dit nodig kry in my Gesonde Seks beroep.

#2  Dit het my in ʼn baie klein manier laat voel hoe elke swart persoon in SA moet voel om konstant op neer gekyk te word.

Hierdie het my hart hard gemaak vir kritiek, maar sag gemaak vir mense. (Alle mense.)

 

So vir die wat ek kwaad gemaak het op Gesonde Seks vandag, eks jammer. Ek sal eers weer volgende jaar iets oor rassisme noem.

 

 

 

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: