Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: Augustus, 2013

Kan jy God se antwoord vertrou?

question

Ek is seker jy het hierdie vraag in jou gedagtes klaar beantwoord. Die antwoord was nie ‘n onsekere “miskien” of “dalk” nie, maar ʼn duidelike en ongetwyfelde Ja of Nee.

Ja, sal die meeste mense in die kerk antwoord en Nee, sal die meeste mense wat teleurgesel is in die kerk antwoord.

Die van julle wat nou dadelik ʼn reply vir my wil stuur om die verskil tussen God en die kerk te verduidelik, jy hoef nie. Hierdie artikel gaan nie oor die kerk nie, of eintlik oor God nie. Dit gaan oor ek en jy!

Ek deel in hierdie artikel so paar van my worstelende gedagtes oor die laaste tyd oor die antwoorde wat ek van God hoor. En dan is dit net wat ek in my eie gees hoor en voel God sê, nevermind al die ander mense wat claim om God se woord aan my te verkondig. As al hierdie “God’s” antwoorde regtig van God afgekom het, sou dit dan nie sin maak dat alles sou ooreenstem nie?

Watse God’s antwoord moet ek dan glo, vertrou en volg?

Okay, die van julle wat vir my ‘n reply wil stuur om te sê dat die Woord (die Bybel) is die enigste maatstaf wat ek nodig het om God se stem te hoor. (Jy hoef nie!)

Daar is baie dele in die Bybel wat ek glad nog nie verstaan nie of sin maak vir my nie. So hoe kan ek dit my eie maak? Elke persoon met ‘n uiteenlopende “God’s” antwoord het ‘n vers om sy of haar standpunt te regverdig, ek in kluis. (Elke ketter het sy letter, of so iets.)

Na jare se verhouding met God, gesprekke met Hom, en Bybel en boeklees oor Hom, het ek my gees geoefen om Sy stem te hoor. Ek dink? Miskien? Ek’s nie seker nie!

Hoeveel keer het iets al met my gebeur wat ek vas oortuig was dat die Here iets vir my geantwoord het, net om uit te draai dat dit onmoontlik nie Hy kon gewees het nie. Baie kere!

Hoeveel kere het ek al God gevra om my te seën en red van ‘n omstandigheid waarin ek totaal en al alleen in gevoel het? Baie kere!

Stel God in my belang?

Hoor Hy my?

Bestaan God?

Mis ek iets iewers?

 

Ek dink ons doen!

Ek dink ons mis iets groots!

Iets wat God, Jesus en die Heilige Gees oor en oor in die Skrif probeer aan ons verduidelik.

 

Maar ons hoor nie,

Want ons luister nie.

Ons verstaan nie,

Want ons dink ons verstaan presies!

 

Kom ek deel met julle ‘n vers in die Bybel wat aan jou sal verduidelik hoekom ek hierdie artikel eintlik wil skryf oor ek en jy!

Esegiel 14:2-5

“Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee;

sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het.”

 

Die Bybel sê hier dat as iemand na God kom vir ‘n antwoord en daardie persoon het alreeds drekgode, afgode (of net ‘n goeie vooropgestelde opinie of persepsie), in hulle harte reeds vas gemaak, sal Hy wat God is hierdie persoon antwoord volgens die drekgode van sy hart.

Met ander woorde, as jy bitterheid in jou hart koester, sal alles wat jy van God hoor, jou bitterheid bevestig en regverdig.

As jy met rassisme in jou hart sit, sal God ‘n wit God wees vir jou.

As jy met hoogmoed in jou hart sit, sal God se antwoord altyd oordeel tot ander wees.

As jy met geldgierigheid in jou hart sit, sal God se seën altyd vir jou iets finansieel beteken.

 

Dit wat ons in ons harte toelaat, is dit wat God se antwoord aan ons en aan die wêreld sal verdraai en beïnvloed. Daarom sal geen persoon in sy dwaalleiring ooit die fout van sy wandel kan raak sien nie, want sy drekgode is so blink ge-‘polish’ dat dit soos ‘n spieël tussen hom en God staan, en slegs terug weerkaats wat hy of sy alreeds in vas glo.

(Vir hierdie rede is ek bang vir mense wie so vas oortuig is dat wat hulle glo is reg!)

 

My absolute gunsteling storie in die Bybel is die verhaal van Jakob. Sy hele lewensverhaal is so ryk en vol lewensbeginsels dat ek oor en oor na toe terug gaan.

Genesis 32:24-30

“ Maar Jakob het alleen agtergebly, en ‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek.

En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.

Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.

En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.

Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.

Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën.

Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.”

 

Jakob het sy hele lewe lank in die skaduwee van sy ouer broer Esau gelewe en was oppad terug na hom en het gevrees vir sy lewe. Hy soek antwoord by God. Vir sy veiligheid, vir sy lewe, vir sy identiteit!

Maar hy gaan nie na God toe met sekerheid in sy hart nie, hy gaan met vrae.

Hy worstel met God, en met mens (homself).

Iemand wat al die antwoorde het, worstel nie, met God of met homself nie. Hy worstel met ander mense om hulle te oortuig om te glo wat hy glo.

Nee, iemand wat met homself en met God worstel is iemand wat nie seker is van God se antwoorde nie.

Jakob en God se worsteling kom tot op ‘n hoogtepunt waar Jakob vir God smeek om hom te seën. Hy vra vir sekerheid. Hy vra vir ‘n God antwoord!

Let op hoe God hom antwoord!

Nie met ‘n antwoord nie, want God weet dat wat ook al Jakob sal hoor, slegs ‘n refleksie sal wees van dit wat alreeds in sy hart is. Nee, God antwoord hom nie met ‘n antwoord nie. Hy antwoord hom met ‘n vraag.

“Wie is jy?”

God forseer hom om introspeksie te doen.

Sy eie hart te ondersoek.

Jakob antwoord: Jakob!

Hierdie is beduidend want in Genesis 27:19 word dieselfde vraag vir Jakob gevra: “Wie is jy?” en toe antwoord hy Esau.

Eers nadat Jakob ontslae geraak het van sy drekgode, en eerlik met homself en met God kon wees oor wie hy werklik was, Jakob die bedrieër, kon God hom antwoord, met ʼn ware God antwoord: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel”. God se antwoord aan hom is dat hy ʼn nuwe identiteit kry sodra hy vrede maak met sy ou identiteit.

Kan jy God se antwoord vertrou?

Slegs as jy geen drekgode in jou hart hou nie, en eerlik met jouself en God kan wees oor wie en wat jy is.

Met ander woorde, moet nooit ophou met God en mens worstel nie!

Advertisements

Mis ons nie die merk oor Sonde nie?

sin

Een van die Hebreeuse definisies van sonde in die Bybel is om die merk te mis. Nou presies wat hierdie merk is wat gemis word, het baie leraars hulle eie preke daaroor. Ek het ook ‘n opinie oor dit.

God maak Adam en Eva en plaas hulle in die Tuin van Eden. Perfek! (Op die merk!)

Adam en Eva is ongehoorsaam aan God se opdrag om nie van die vrugte van die boom van kennis goed en kwaad te eet nie. ‘n Boom wat God in sy wysheid besluit het om in die middel van die Tuin van Eden (Perfek! Op die merk!) te plaas.

Baie mense sien sonde as iets wat ons verkeerd doen, dade, optrede, selfs verkeerde gedagtes en begeertes. Maar wat interessant is dat God hulle nie uit die Tuin van Eden gejaag het na enige van hierdie dinge nie. Selfs met hulle ongehoorsaamheid, verkeerde gedagtes en begeertes oor die verbode vrug het God hulle in die Tuin van Eden toegelaat. Hulle was nog perfek. Op die merk!

Dit was eers nadat hulle hul harte verhard het teenoor God, en geweier het om te erken hulle het ʼn fout gemaak, skuld te erken en om verskoning te vra, dat God hulle uit die Tuin van Eden jaag. In ander woorde, gebeur dit nes die Duiwel (Slang) belowe het, dat die verbode vrug hulle soos God sou maak. Adam het god geword vir homself, en niks verkeerd met sy optrede gesien nie en Eva blameer. Eva was god vir haarself en geen aandeel in hierdie sondeval van die mens nie en blameer die slang.

Met so ʼn (g)od-mens kan God niks mee doen nie. Daar is net een God. Die Bybel sê op geruime plekke dat God nie sal kompeteer teen al die gode van ons harte nie. Hy het die aarde en heelal deursoek vir sy gelyke en Hy kon niemand sy gelyke vind nie.

Hy alleen is God.

En omdat ons nie God is nie, kan ons nie perfek wees nie, sonder om sonde te doen, in die meer tradisionele siening om iets verkeerd te doen nie. Die verbode vrug was deel van die Tuin van Eden. Om verkeerd te doen was deel van die perfekte, op die merk, lewe van die mens.

En alhoewel God genade het vir die mens se verkeerde optrede, dade, begeertes en gedagtes, het die mens nie meer sy optrede, dade, begeertes en gedagtes beskou as verkeerd nie. Die mens het ‘n god aan homself geword.

Ons mis die merk. Want hierdie god-mens is naak, kwesbaar en verdoem. Hy kan nie homself red nie. Ons mis die merk van menswees. God het die mens gemaak as mens, nie as gode nie. ‘n Mens maak foute, ‘n God nie!

God bly steeds lief vir hierdie mens wat homself as ‘n god opgehef het. Hy het hierdie mens so lief, dat Hy besluit om hierdie mens weer op die merk te plaas. Hy stuur Sy Seun, Jesus Christus om ‘n mens te word, om tussen al die ander god-mense te lewe. Hy doen hierdie met een doel. Om al hierdie god-mense se sonde op Homself te neem. ‘n God, wat nie verkeerd kan doen nie, wys vir die mens wat nie perfek kan wees nie, iets van ware Goddelikheid. Iets wat Adam en Eva nie kon doen in die Tuin van Eden nie, om skuld te erken, om die knieg te buig, om die straf vir ons oortredinge te neem. Jesus, wie God is, wie nie een van hierdie dinge hoef te doen nie, want Hy is God, neem al die mense se verkeerd op Hom en betaal die ultimate prys. Sy lewe.

‘n God wat nie sonde kan doen nie, wys vir die mens wie nie, nie sonde kan doen nie, dat om die merk te mis is nie deur wat ons verkeerd doen nie, maar dat ons nie bereid is om met ‘n menslike-afhanklike gesindheid rond te loop en skuld te erken wanneer ons wel uitgevang word om verkeerd te doen.

Deur God se liefde en genade plaas Hy ons weer op die merk, in die paradys, in Sy teenwoordigheid. Ten spyte van dit alles, voel ons steeds om self weer op die merk te klim deur om reg te lewe, god te probeer wees. Ons word opgelei om ander mense te oordeel en hulle op hulle menslikheid uit te wys, om hulle meer soos ‘n god te wil maak. Iemand wat perfek lewe.

Ek wonder of ons nie steeds dieselfde fout maak as Adam en Eva nie.

Mis ons nie die punt van waaroor dit alles gaan nie?

Dat dit nie gaan oor wat ons doen of nie doen nie, maar oor wat Hy gedoen het namens ons.

Ek glo dat as ons snap wat Jesus gedoen het en wat ons nooit sal kan doen nie, sal ons hele benadering en siening rondom sonde, drasties verander.

Mag ek God bevraagteken!?

bevraagteken

Mens sal altyd redes vind om God te bevraagteken. Of dit is omdat iets slegs met jou gebeur het wat jou kwaad en bitter teenoor Hom maak of dit is iets wat met iemand anderste gebeur het wat jou verwar en frustreer.

Ek wil net begin om te noem dat ek dink nie dat om vrae te hê oor God en Hom soms te bevraagteken is ʼn teken van ongeloof of ʼn refleksie van jou verhouding met Hom nie. Selfs Jesus, (wie so naby aan God kom as enige iemand), het in die Tuin van Getsémané, op die kruis, asook met die dood van Lazarus, God (Homself) bevraagteken.

God is nie die tipe God wat jou sal straf as jy Hom nie blindelings wil volg nie. Nee, anderste sou Hy nie vir ons vrye wil en gesonde verstand gegee het nie. So gaan voort met jou vrae, sodat jou vrae jou nader aan die Here bring, eerder dat jy voel jou vrae diskwalifiseer jou om in Hom te glo.

So met dit kan ek met ʼn rustiger hart aan julle erken, dat my hart is vol vrae. Ek was nog altyd iemand wat dinge bevraagteken het, maar die laaste tyd het ek met ʼn spesifieke vraag geworstel. Die tipe vraag wat ʼn mens verwar en frustreer.

Soos wat hierdie vraag diep in my roer, het ek dit na die Here toe geneem. Nie om ʼn antwoord van Hom te demand nie. Ek dink nie Hy, God van die heelal, is enige antwoord aan my verskuldig nie. Nee, ek neem my verwar en frustrerende hart na Hom toe, want die Woord sê in Psalm 55:23, “Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.”

Ek wil nou nie hier bekend maak wat my spesifieke vraag is nie. Ek sal eerder gesels oor die beginsel om jou eie vrae na God toe te neem.

Hier is die belangrikste ding wat ons moet verstaan van om ʼn vraag te vra vir God = Jy gaan selde ʼn antwoord daarop kry. God antwoord nie vrae soos wat ons graag vrae geantwoord wens nie. En moenie mismoedig raak deur die feit dat jou vrae nie beantwoord word nie. Eerder laat jou onbeantwoord vrae jou lei tot dieper vrae.

Kan ons sommer hier erken en toegee dat die meeste van ons vrae wat begin met “hoekom” doen niks regtig om die diepte van enige situasie of sin van die lewe te beantwoord nie.

ʼn Goeie vraag om te vraag, is een wat God nie hoef te antwoord nie, maar wat die deur oop maak tot ʼn dieper volg op vraag.

Ek wens ek kan hier vir julle ʼn voorbeeld gee van hoe so ʼn vraag-lei-tot-‘n-dieper-vraag mag lyk, maar ek is bevrees ek is nie goed genoeg vir dit nie.

Die beste wat ek kan doen, nog ooit kon doen is om my eie worsteling en journey met julle te deel en te hoop dat dit sin mag maak vir een of twee van my lesers.

Kennis van goed en kwaad, het vir Adam en Eva hulle vrye toegang tot die Tuin van Eden gekos. Hulle was nie tevrede met onbeantwoord vrae nie: “Hoekom het God hierdie boom van kennis goed en kwaad in die paradys gesit, as Hy weet ons nie daarvan mag of moet eer nie?”

Nee, hulle het ʼn antwoord vir daardie vraag gesoek op die verkeerde manier, deur om dit so vinnig as moontlik beantwoord te kry. En dit het die deur oopgemaak vir die lustige Vyand, om twyfel te saai.

Kom ek neem dit terug. Hy het nie twyfel gesaai nie, hy het vir hulle waarheid gegee. Kennis van goed en kwaad. Dit was geen leuen wat hy vir Adam en Eva gegee het nie. Dit was die waarheid want die Woord sê in Genesis 3:22 “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!”

Hierdie beantwoorde vraag van die mens het hom sy ewigheid gekos. Dit het hom gekry om uit die Koningryk van God geskop te word. Nie die vrae wat hy gehad het nie, maar die antwoorde wat hy hardkoppig geglo het.

 

Om te dink dat ons al die antwoorde het, glo ek,  verwyder ons verder van die waarheid as ʼn persoon wat soekend nog vrae.

 

1 Korintiërs 13:9 sê “Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.”

 

Mag die persoon in die kerk, nooit dink hy het die volle waarheid nie.

Ook nie die ongelowige in die wêreld dat hy dink hy kon suksesvol God weg redeneer.

Nee, al twee van hierdie persone het antwoorde gevind in die boom van kennis van goed en kwaad.

 

Wat moet ons doen om in die Tuin van Eden te bly?

Wat moet ons doen om in die Koningryk van God te bly?

Matteus 3:1-3 gee vir ons ʼn leidraad.

“In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?

Toe roep Jesus ʼn kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan

en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!”

Wat doen kinders?

Is kinders nie die persone met die meeste vrae nie?

Maar dit is nie dieselfde tipe vrae as volwassenes nie?

Dit is nie rebelse, steeks vrae nie.

Dit is leer vrae.

Die van julle wat al kinders het wat op die ouderdom is waar elke sin van hulle begin met “Hoekom”, sal verstaan dat om al jou kinders se vrae ten volle te antwoord is nie altyd moontlik nie.

Hier is so paar vrae wat kinders vir hulle ouers vra?

 

 

1. WHY DON’T ALL FISH DIE WHEN LIGHTNING HITS THE SEA?

2. HOW MUCH DOES THE SKY WEIGH?

3. WHY CAN’T PEOPLE LEAVE OTHER PEOPLE ALONE?

4. WHY AREN’T BIRDS ELECTROCUTED ON WIRES?

5. WHAT IS TIME?

6. WHY IS THE MOON SOMETIMES OUT IN THE DAY, TOO?

7. WHY DID GOD LET MY KITTEN DIE?

8. WHY DO I LIKE PINK?

9. WHY IS WATER WET?

10. WHY DOES MY BEST FRIEND HAVE TWO DADS?

 

Ons as ouers antwoord ten dele, want #1 ons weet ons kind sal nie meer kan verstaan en begryp op sy/haar ouderdom nie, en #2 onsself ken net ten dele.

En wanneer ons as God se kinders vir Hom vrae vra, en Hom bevraagteken, kan ons ook maar met ʼn kinderlike geloof aanneem dat ons God en liefde volle Vader slegs die dele openbaar wat ons #1 sal kan verstaan en #2 nodig het om te verstaan, op ons geestelike ouderdom.

Maar mag ons nooit op ʼn punt kom waar ons dink ons het al die antwoorde en sodoende op hou om ons vrae na God toe te neem nie.

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: