Dit is reg om oog vir ʼn oog te ruil, maar dit is meer reg om die ander wang te draai.

by Timothy Kieswetter

ethics

Ek is besig om die finale werk te doen aan my navorsing oor die Afrikaanssprekende Christen se seksualiteit en het al begin dagdroom oor wat ek graag sal wil doen vir my doktorsgraad. Ek speel rond met die idee om te skryf oor seksuele etiek. (As ek so na mense kyk, sal iemand anderste asb. iets skryf oor Christelike etiek, want die kinders van Jesus doen nie soos Jesus nie.)

Daar is nou ʼn groep mense wat, nie baie van my hou nie. Wel dis regtig nie iets nuuts nie, daar was al van my St1 insident met die grootste en bevreesde persoon in die skool, mense wat nie van my gehou het nie. (Haar naam was Lee-Ann, ek wonder wat het van haar ooit geword?)

Maar hier is nou ʼn nuwe groep. ʼn Groep wat nie regtig ʼn probleem met my het nie, maar met waar ek studeer. (Politiek) Wat baie ironies is, is dat juis hierdie mense in die mediese veld en sielkundige veld wat nou ʼn probleem met my het, was so gaaf om woorde van lof te skryf vir my twee boeke oor seksualiteit.

Hierdie elitegroep wat seksuologie nou vir hulleself wil hou, (by the way, seksuologie as beroep bestaan nog nie in Suid Afrika nie asook is daar nie een beheerliggaam of raad wat die beroep verteenwoordig nie. Daar is nou ʼn paar rade in SA wat almal baie hard fight om te wen om koning te kraai van die seks-hoop. Nog niemand het gehoor van saam werk nie. Dit moet iets in ons Afrikaner DNA wees of iets, want saam werk is iets wat ons nog nooit kon saam doen nie. En om saam iemand te werk wat soos jy dink is nie regtig die saamwerk wat ek na verwys nie.)

So loop die aantuiging teen my, omrede ek nie ʼn mediese dokter is of ʼn kliniese sielkundige is, weet ek niks van seksualiteit nie, of kan my advies nie getrust word nie, al het hulle baie mooi woorde van lof vir my boeke oor seksualiteit geskryf.

Net vir die rekord het ek nog nooit myself uit gemaak as ʼn mediese dokter of as ʼn sielkundige nie.

Ek is ʼn Bybel en Seksualiteitskenner wat besig is om my meesters graad te studeer by die Akademie van Seksuologie SA.  (Waarmee hierdie elitegroep ʼn probleem mee het.)

Wat dinge verder ironies maak is dat hierdie elitegroep deel is van PRESIES dieselfde internasionale seksuologie rade en in dieselfde internasionale seksuologie wetenskaplike joernale gepubliseer is as die Akademie van Seksuologie SA.

 

So omdat my gedagtes alreeds rondom etiek draai, het ek gewonder watse etiek is hier te vinde om my optrede te begelei?

#1 My Christelike geloof gee my die reg om ʼn beer uit die woud te roep om my vyande te verslind.

(2 Konings 2:23-24)

“Elisa het daarna na Bet-El toe opgegaan. Terwyl hy in die pad loop, kom ʼn groep klein seuntjies uit die dorp en begin hom spot. “Gaan op, kaalkop!” het hulle uitgeroep. “Gaan op, kaalkop!” Elisa het omgedraai, na hulle gekyk en hulle in die Naam van die Here vervloek. Toe kom daar twee bere uit die bos en verskeur 42 van hulle.”

Gelukkig is ek nie kaalkop nie. Ek skeur net my hare baie kort. Maar as ek Nataniel weer sien sal ek hierdie vers vir hom gee.

#2 My Bybel gee my ook die reg om ʼn oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand te verruil.  

(Eksodus 21:24-25)

“’n Oog wat beseer is, moet met ʼn oog se skade vergoed word. As ʼn tand verloor is, moet iemand se eie tand uitgeslaan word. ʼn Hand se skade moet met ʼn hand vergoed word, ʼn voet vir ʼn voet, ʼn brandplek vir ʼn brandplek, ʼn wond vir ʼn wond en ʼn kneusplek vir ʼn kneusplek.”

Te danke aan my admirasie vir Rob Bell, lees ek al sy boek en daarin verduidelik hy hierdie vers oor ʼn oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand is nie so barbaries soos dit vandag klink nie. Hy verduidelik dat voordat hierdie reël neer gelê was, was dit ʼn free for all. As iemand jou kar gestamp het, kon jy sy kar vat, of as iemand te lank na jou vrou kyk kon jy sy vrou vir jouself neem. Daar was geen reël of etiek wat die ‘reg’ van ʼn optrede bepaal het nie. Elke ou kon net doen wat hy wou. En daarom is etiek belangrik, sodat ons nie almal doen wat ons wil nie, want dan is daar ʼn kans dat daar baie meer bere is wat rondloop en mense verslind.

Nee, hierdie reël in Eksodus was cutting edge vir sy tyd gewees. Dit het ʼn nuwe etiek onder die mense in gebring dat as iemand teenoor jou oortree, moet jy in ʼn gelyke mate reageer.

Om ʼn beer uit die woud te roep is reg, maar dit is meer reg om net hulle terug te spot.

So in my situasie het ek reg om ook stories aan te dra en hulle kennis oor seksualiteit te bevraagteken. Maar is dit die meeste reg om dit te doen?

Is dit waar ons etiek vas gehak het, by ʼn oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand?

Nee, Jesus het gekom en ons etiek na nog ʼn nuwe vlak geneem.

#3 Draai die ander wang.

Matteus 5:38-40

“Julle het gehoor dat daar gesê is: “’n Oog vir ʼn oog en ʼn tand vir ʼn tand.’ Maar ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ʼn slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed wil hê, ook jou bo-kleed.”

Sjoe dis, moeilik.

Kan ek nie maar eerder ʼn beer roep nie?

My linkerwang is my beste kant!

Ek het nie ʼn probleem om my onderkleed of bo-kleed uit te trek nie. Ek is so bietjie van ʼn nudis in my binneste!

Maar hierdie elitegroep het voordat hulle met hierdie veldtog teen my begin het, ʼn afspraak met my gehad om my ʼn ultimatum te stel. As ek al my Gesonde Seks Facebook mense en kliënte na hulle toe verwys sal hulle my uitlos, en vir almal sê moenie oor Timothy worry nie, hy doen goeie werk op Facebook, want hy stuur al sy kliënte vir ons.

As die persoon my net mooi gevra het, sonder om my deur die gesig te klap, sou ek met liefde al my mediese en kliniese kliënte daarheen verwys. Ek het nie ʼn probleem om te deel nie. Maar dit was nie goed genoeg nie, vind ek nou uit, want twee maande later, vertel hulle almal wat al ooit saam met my gewerk het, hoe swak my opleiding is.

So hulle het gevra vir my Gesonde Seks Facebook blad, en ek het vir hulle gesê ek verwys graag, maar eers moet hulle my ophou klap. (Dit was nie ʼn baie aangename ervaring nie.)

Ek moet hier by noem dat ek anderste geleer is, as die elitegroep. Dat nie alle seksuele probleme is medies of sielkundig nie. Seksualiteit is deel van alles wat daardie persoon opmaak. Jy kan nie dit wil kompartementaliseer nie.

Die meerderheid mense wat by my eindig het nie mediese of sielkundige of teologiese probleme nie. Vir dit gaan hulle (ek neem aan) dadelik na hulle dokter, sielkundige of pastoor toe. Die mense wat by my op eindig is mense wat sukkel om Gesonde Seks in hulle lewens te geniet. So noem my dan maar ʼn life coach. (Wat ook nog ʼn beroep is in SA wat nie gereguleer is deur een groep nog nie, so ek is diep in die middel van politiek.)

Selfs toe ek nog gewone preke gedoen het, het ek nie regtig iewers ingepas nie. Ek het by ʼn klein Engelse Bybelskool studeer. Ek was ʼn jeugpastoor in die AGS kerk. Ek het interkerklik vir jare daarna bedien in NG Kerk, Gereformeerde kerk, PPK, APK (Kan jy glo!) en selfs by die Sewendedagadventis gemeentes. (Ek het daardie Saterdag oopgehad!)

Ek verstaan dat ek nog nooit iewers in gepas het nie, maar nog altyd uitgestaan het. En ek kan nie regtig sien hoe dit in die toekoms gaan verander nie.

So kom ons kyk wat die etiek ons geleer het.

Dit is REG om ʼn beer uit die woud te roep as iemand my spot, maar dit is MEER reg om my vinger in iemand se oog te steek, maar dit is die MEESTE reg om die ander wang te draai.

Dit is REG om ʼn prokureur te roep as iemand my sleg sê, maar dit is MEER reg om net so stink brief oor hulle publiek te maak, maar dit is die MEESTE reg om al die mediese en kliniese kliënte na hulle te verwys.

(Ek is baie jammer aan al die prokureurs wat hierdie lees, ek het nie bedoel om julle met bere te vergelyk nie! – Moenie my sue nie!)

 

So net om dinge duidelik te maak. Ek gaan aan hou om Gesonde Seks te doen. Nie as ʼn mediese dokter nie, (want ek is dit nie) of as ʼn sielkundige nie, (want dit is ek ook nie), maar as iemand wat so ietsie van seksualiteit weet. ʼn Deel daarvan het ek geleer deur om elke dag honderde anonieme vrae oor Gesonde Seks te lees en die res het ek geleer by die Akademie van Seksuologie van SA, (al is daar baie mense wat nie van die Akademie hou nie.) Ek het darem daardie mense se woorde van lof op my boeke.