Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: Desember, 2013

2013 in review

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2013 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:

The concert hall at the Sydney Opera House holds 2,700 people. This blog was viewed about 16,000 times in 2013. If it were a concert at Sydney Opera House, it would take about 6 sold-out performances for that many people to see it.

Click here to see the complete report.

Advertisements

Verwoerd en Mandela: Die twee vaders van die Afrikanerdom.

mandela02

Gun my die geleentheid om ook my gedagtes oor die afsterwe van Nelson Mandela met julle te deel. Ek het die laaste paar dae so bietjie daaroor getweet, maar met elke 140 karakters wat ek gebruik het om my gevoelens oor Mandela te deel, het die artikel in my hart begin broei. (‘n Artikel met ‘n Gesonde Seks twist aan die einde, kan jy glo?)

Voordat ek begin met my gedagtes tussen Verwoerd en Mandela, as die twee vaders van die Afrikanerdom, moet ek seker net die van julle wat nou op my skreeu: “God is my enigste Vader. Jy mag niemand op aarde Vader noem nie”, rustig maak.

Ek is bly jy het ‘n goeie verhouding met God, en die artikel is nou nie ‘n ‘geestelike’ ene nie, maar meer ‘n ‘menslike’ ene. Maar hierdie sin van “God is my Vader” klink meer soos die kind wat sy pa verloor het en wat noodwonge was om skuiling en identiteit op ‘n ander plek te kry. Dit is seker die probleem in ons land. ‘n Tekort aan vaderfigure. Die Bybel maak dit baie duidelik in 1 Johannes 4:20 dat ons versigtig moet wees om nie ons ‘geestelikheid’ voor ons ‘menslikheid’ te plaas

“As iemand sê: ‘Ek het God lief’, en hy haat sy broer, is hy ‘n leuenaar, want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liehet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.” – 1 Johannes 4:20

Ek voel ek wil net hier noem, dat ek trots Afrikaans is. Maar nie trots op Apartheid nie.

Ek is trots op Suid Afrika, maar nie trots op rassisme nie.

Ek is trots op Mandela, maar nie op Verwoerd nie.

Maar of ek dit nou like of nie, Verwoerd is een van my vaders.

Hendrik Verwoerd, die vader van Apartheid is die biologiese vader van ons almal hier in die land, wit en swart. Jy ken die spreekwoord: ‘Jy kan jou vriende kies maar nie jou familie nie.’

Wel, wie van ons het gekies om Apartheid Suid Afrika gebore te wees?

Maar ons was!

So, wat nou?

So, as Verwoerd ons biologiese vader is, dan sekerlik is Suid Afrika ons moeder.

(Nou vir die Gesonde Seks twist)

Ongelukkig, soos dit maar met baie van die huwelike gaan, eindig die huwelik tussen Verwoerd en Suid Afrika ook maar op in die skeihof.

Suid Afrika trou toe vinnig weer met haar nuwe man, Nelson Mandela.

Ons aangenome vader.

En soos in enige saamgestelde gesin, veg die ouers vir die kinders se aanvaarding en liefde. Die arme kinders het niks van dit gekies nie, maar nou word hulle gedwing om te kies: Verwoerd of Mandela?

As ons Verwoerd kies, al weet ons van al die pyn en seer wat hy veroorsaak het vir ons moeder Suid Afrika, voel dit asof ons haar van voor af deur hel sit. As ons nie Verwoerd kies nie, voel dit asof ons ons herkoms verloor.

Ons kan mos sien hoe gelukkig sy nou is met haar nuwe man, maar ons gee hom nie regtig ‘n kans nie. Nie omdat hy nie ‘n goeie man is nie, dalk te goed. Want hoe meer ons na ons stiefpa kyk, hoe meer raak ons kwaad vir ons biologiese pa. (Hoekom kon hy nie so goeie man wees nie?)

Hierdie is ‘n komplekse vortex wat die kinders van Suid Afrika hulleself in bevind.

Aanvaar hulle stiefpa as vader of klou vas aan die verlede. (Wat teen die tyd baie meer geromantieseer is as wat dit was.)

Maak nie saak hoe graag die kind sy biologiese vader terug wil hê nie of hoe bitterlik hy hom nooit weer wil sien nie, hy sal altyd ‘n deel bly van ons verlede.

Netso, met ons gevoelens teenoor ons stiefpa. Of ons hom aanvaar of teen hom rebeleer, niks verander die feit dat dit die huis is waarin ons nou moet lewe nie.

Liefde, soos in enige verhouding, werk slegs wanneer ons ons daarvoor oopmaak.

 

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: