Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Month: April, 2014

Jesus die Rebel.

rebel-sport-featured-image

Ek is seker jy het hierdie titel twee keer oor gelees om seker te maak jy lees reg. So ek moet seker begin om die twee groot woorde in hierdie titel “Jesus die Rebel” se konteks verduidelik, voordat ek gestenig of gekruisig word saam met al die ander rebelle van oud.

Met Jesus verwys ek ja na Jesus Christus toe wat in Nasaret so 2000 jaar terug gewoon het, en nie die 2000 Jesus’s wat in Mexico woonagtig is nie.

Die woord rebel gaan ek seker ‘n hele boek neem om die konteks (soos ek dit sien) te verduidelik. Ja ek weet van die vers in die Bybel wat sê in 1 Samuel 15:23 “rebellion is like the sin of witchcraft.” Die Afrikaans vertaal dit beter sodat ons dit kan verstaan, Weerspannigheid (AFR83), Opstandigheid (NLV).

Hierdie is ‘n lekker vers vir enige iemand in leierskap posisie om te kwoteer vir hulle onderlinge om hulle in toom en in lyn te hou. Ons voel (rebellion), weerspannigheid en opstandigheid is om ANDERSTE te wees en om TEEN te gaan wat tradisie dikteer. Enige iets NUUTS en ANDERSTE en VARS (out of the box) wat bots met die status quo word geklassifiseer as (rebellion), weerspannigheid en opstandigheid = dus is dit ʼn sonde so erg soos om ʼn heks te wees. (Ek neem aan hierdie heksery is ʼn bietjie erger as die liewe Heksie waarmee ons grootgeword het.)

 

Maar as hierdie vers van ‘rebellion is like the sin of witchcraft’ gebruik word om mense by die kruis te brand wat nie volgens outoriteit van die dag saam stem nie, kan ek vir jou sommer nou al sê dat daar ʼn goeie kans is dat die persoon wat die vers kwoteer nog nie die hele 1 Samuel 15 gelees het om die konteks te kry van hierdie vers nie.

Koning Saul het die Amalekiete aangeval in oorlog. Die standaard ‘etiek van oorlog’ was wanneer jou vyande oorgee kan jy stop met jou aanval. Met ander woorde die vrouens en kinders van jou vyande kan jy spaar en die vrouens, kinders en kleinvee neem vir jouself as ‘the spoils of war’.

Dit was die norm.

Maar God gee vir Saul baie spesifieke opdrag om teen die status quo te gaan en ALMAL dood te maak. Niemand te spaar nie. 1 Samuel 15:3 “Jy moet nou gaan en Amalek heeltemal uitroei. Doen dit sonder dat jy iemand oorsien, mans, vroue, kinders, babas, grootvee, kleinvee, kamele en donkies.”

Om ʼn lang wrede storie kort te maak, Saul en sy 200 000 manskap verslaan die Amalekiete, maar doen nie die NUWE ding wat God vir hom gesê het om te doen nie, maar besluit om te gaan met die standaard meer tradisionele manier van ‘the spoils of war’ en hy spaar so paar van die vrouens, kinders en kleinvee.

Dit is met hierdie agtergrond, dat God vir koning Saul die les van ‘rebellion is like te sin of witchcraft’ leer. Sy rebellie was nie as gevolg van om tradisie te breek nie, maar om te weier om iets NUUTS te doen.

Met ander woorde rebellie, weerspannigheid en opstandigheid is so veel meer as net om op te staan teen iets, iets teen te werk, nee te sê of om op ʼn besem te vlieg. Rebellie is nie die troefkaart van die tradisie leiers, die status quo oppassers of die gesagsfigure nie.

Rebellie is nie altyd die rede om iets NUUTS of ANDERSTE te doen nie, wat in hierdie 1 Samuel geval was Saul beskuldig van rebellie juis omdat hy NIE iets nuuts en anderste wou doen NIE en besluit het om met tradisie te gaan.

So dit klink vir my dat 99% van ons wat al ooit hierdie vers gekwoteer het om iemand weer in lyn te kry, het nie net dit verkeerd kwoteer nie, maar was self skuldig aan rebellie…

…aangesien die Hebreeuse woord vir rebellie in 1 Samuel 15 beteken “bitterheid

So rebellie is nie eers gekoppel aan ongehoorsaamheid nie?!? Wat? (Ek gaan met my ouers moet praat hieroor.)

Maar eerder oor bitterheid van die hart.

Ek vra toe vir myself, waar in 1 Samuel 15 het Saul bitterheid van die hart gewys. Ek dit vir eers nie gesien nie, en toe sien ek dit deur my kapitalistiese westerlike brille en kom agter maar Mammon is alive and well.

1 Samuel 15:9

“Saul en sy manskappe het Agag se lewe gespaar, asook die beste skape en beeste, die vet kalwers en lammers – trouens, alles wat hulle begeer het. Hulle het net dit wat waardeloos was, vernietig.”

Saul was bitter dat hy uit mis op al hierdie dinge wat sy hart begeer. Hy was bitter dat hy nie homself kon verryk deur sy oorwinning nie. Hy was bitter dat sy harde werk nie vir hom ʼn groter reward gegee het nie.

 

So ons sit met die Bybelse 1 Samuel 15 definisie van rebellie wat soos heksery is, wat na ʼn bitter hart verwys. (Sjoe hoe meer ek oor die woord en emosie en hartkondisie van bitterheid dink, hoe meer kom ek agter maar dit is orals. Maar vir eers sien ons dit nie raak nie, want bitterheid vermom homself as iets wat maar net die beste vir jou wil hê. Ek dink nou aan die rede hoekom Satan uit die hemel geskop was…bitterheid…hy was bitter dat hy nie soos God was nie. En Eva was bitter dat sy nie so slim soos God was nie, en Adam was bitter omdat hy nie vir ʼn kaal vrou kan nee sê nie.)

En dan het ons die Oxford algemeen aanvaarde definisie van rebellie.

“An act of armed resistance to an established government or leader:the authorities put down a rebellion by landless colonials”

Of

“The action or process of resisting authority, control, or convention:an act of teenage rebellion”

 

Nou lyk dit vir my dat van hierdie regerings en owerhede en ouers wat hulle kinders blameer van rebellie is die wat met bitterheid in hulle harte sit.

Ek nooi jou uit om vir die volgende paar weke en maande my te volg om op ʼn ‘rebelleuse’ (ANDERSTE en NUWE) manier na die Bybel, spesifiek na Jesus te kyk sodat ons die bitterheid in ons harte kan identifiseer.

Everything belongs – Richard Rohr

jimi le roux

Everything belongsEverything belongs – Richard Rohr (Crossroad, 2003)

Soos altyd is ek laat vir die bus, want die boek het al in 1999 uitgekom, en baie het al daarvan gepraat, maar ek het dit nou eers voor oë gekry op die uitverkoop-tafel van een of ander boekwinkel. R15, kan jy glo en nuut kos dit oor die R200! Ek lees darem wel al vir jare Richard Rohr se dagstukkies – dis hoekom ek die boek sommer dadelik gevat het.

Dalk wil jy nie die hele stuk lees wat ek nou skryf nie – dis nogal vervelig en lank…

Ek kan nie eintlik die boek opsom nie – alhoewel ek notas vir myself gaan maak – want die boek is te diep vir ‘n opsomminkie. Laat ek dit so stel: my seun het my die boek sien lees en gesê hy wil dit ook lees. Ek sê toe nee, hy kan nie…

View original post 836 more words

Eerlike weerspieëling van my Stripshow

Tim4

Dit het my ‘n week geneem om weer soos myself te voel na my openingsvertoning van “Die Stripshow”. Die van julle wat my nie ken nie, moet verstaan hierdie is glad nie ekke nie. Die van julle wat my ken, kan seker net soos ek nie glo dat ek gedoen het wat ek gedoen het nie. Enige iemand wat die boomsoort persoonlikhede van Hettie Britz ken sal verstaan as ek myself beskryf as ‘n Sierroos.

Ek is nie ‘n drama queen nie. Ek is ‘n stil, diep denker, teruggetrokke, skaam (ja whatever?), one on one persoon. Ek sal in die agtergrond wil bly vir so lank as moontlik en is nie iemand wat die spotlight geniet nie.

Wat soek so ‘n persoon op stage dan?

Ek is iemand wat wel buite my comfort zone sal beweeg as ek voel die cause is sterk genoeg. As ek in die boodskap glo sal ek doen wat moet. Amper so iets soos “the end justifies the means.”Tim7

Om sonder ‘n goeie cause op die verhoog te staan en te “strip” is nie iets wat ek sal doen nie. Maar as “stripping” op die verhoog die beste means is om die Gesonde Seks cause te verkondig sal ek dit doen sonder om twee keer te dink.

Ek het baie sterk geglo in die boodskap van “Die Stripshow”, maar ek het nooit in my wildste drome gedink dat dit mense so vinnig en duidelik sal raak nie. (Ek het nie eers gedink die show gaan sooo funny wees nie.)

Die Stripshow is snaaks, sexy en leersaam.

Tim5Een van die persone het so dag of so na my vertoning aan my en Janet genoem hoe baie hierdie “Stripshow” haar en haar man beïnvloed het. Hulle was op ‘n baie slegte plek in hulle huwelik en het begin praat oor skei, want hulle het net nie die krag gehad om verder te fight vir die huwelik nie. Na my show het hulle albei weer moed gekry om hulle huwelik te maak werk. Hulle het sommer besluit om te gaan vir berading. Alles as gevolg van so paar seks grappies en snaakse props.

Ek het gewonder wat dit was in my show wat so ‘n sterk invloed gehad het op die paartjie. Maar daar is niks wat ek kon identifiseer as sulks nie. So het die terugvoering begin instroom elke persoon diep geraak maar elke keer was dit as gevolg van iets anderste wat ek gesê het of gedoen het in die show.

Dit het my toe dadelik terug laat dink aan ‘n filosofie wat ek vir lank al gehad het. “You don’t have to sell good to people”

Elke persoon soek ‘n gesonde huwelik, ‘n gesonde dieet, ‘n gesonde leefstyle, gesonde familie, gesonde vriendskap, gesonde finansies, gesonde geloof.

Tim3En orals waar hulle gaan, word hulle net verder hierdie “Tuin van Eden” perfekte lewe verkoop. Maar inplaas om mense gemotiveerd te hou, begin dit die mense se moed steel, want maak nie saak hoe graag ek dit wil bereik of voor werk nie, ek voel net nie asof ek dit kan bekom nie.

Mense wat “settle” vir ongesonde gewoontes en manier in hulle lewe is nie iemand wat nie beter wil hê nie, maar net mense wat moed op gegee het om dit te bereik. Daar is iets wat hulle keer om beter te wees. Daar is ‘n blok. Daar is iets wat in hulle pad tot beter staan.

Daar kan baie verskillende dinge wees, maar verseker een van die grootste blokke is die van taboe.

“Jy kan nie, jy mag nie!” TABOE

Tim2

En soos wat ek in my show al die seksuele taboes een vir een weg gestrip het, het mense se lewenslus weer terug gevloei soos rivier in vloed. Hulle voel eweskielik ligter en sterker. Hulle sien weer lig aan die einde van die tonnel.

Natuurlik kan geen show enige iemand se lewe verander nie. Maar “Die Stripshow” kan verseker weer vir jou moed gee. (En so paar nuwe lag lyne op jou gesig.)
Vir solank ek aan die Gesonde Seks boodskap glo en “Stripping” die beste “means” is om daardie boodskap oor te dra, sal ek aanhou om met pinkhoëhakskoene en Blou Bul ballas op die verhoog “buite my persoonlike gemaksone” rond te wals.

Lees ‘n bietjie wat van die mense se terugvoering oor my openingsvertoning was.

Die-Stripshow-infographic

Die-Stripshow-infographic-comments

Is pinkhoëhakke en bloubul-balls ‘n teken van ligsinnigheid?

Stripshow poster

Die laaste week het so paar mense my gekritiseer (asook verse gekwoteer) oor my verhoogproduksie, “Die Stripshow” dat ek ligsinnig is en alle goed wat ek oor die jare opgebou het net weer afbreek.
Ek het toe ‘n bietjie gaan oplees oor hierdie ligsinnigheid. Die Engels vertaal dit as foolishness wat beteken om morally reckless te wees in die oorspronklike Hebreeus.

As ligsinnigheid beteken om morally reckless te wees, dan dink ek dit sal moreel onverantwoordelik van my en van ons almal wees om NIE oor seksuele taboes te praat nie. Vir te lank (eeue en eeue) is ons gevangene van hierdie taboes en mites wat soos ‘n swaar las op ons gewetes hang.

“Timothy, maar hoekom moet jy die seksuele taboes weg-strip in pink hoëhakskoene en met bloubul-balls?”

Goeie vraag.

Want ek voel hierdie is SO ‘n belangrike onderwerp om oor te praat en as ek nie ALLES in my vermoë doen om so veel as moontlik mense te lok nie, sal ek moreel onverantwoordelik wees, om nie hierdie boodskap van Gesonde Seks na so veel as moontlik mense te neem nie.

So nou het ek ‘n vraag terug aan my kritiseerders.

“Sal ek meer of minder mense na my shows toe lok met pink hoëhakskoene en bloubul-balls of sonder?”
Natuurlik, dit maak mense nuuskierig en dus sal hierdie Gesonde Seks boodskap meer mense bereik.
Daarom sal ek meer moreel onverantwoordelik wees om NIE met pink hoëhakskoene en bloubul-balls die show te doen nie.
Ligsinnigheid het dus niks te doen met humor of slap-stick humor nie. (Of in hierdie geval slap-dick)

Eerder het ligsinnigheid te doen om nie oor die heavy issues in die lewe te praat nie (aka die taboes).

Om die klein onbelangrike dinge in die lewe so heavy te maak, nou dis vir my ligsinnig.

Soms wil ons met humor na die “heavies” in die lewe kyk en nie ernstig op die “light stuff” nie.

Maar die van julle wat bekommerd is dat my show ‘n bietjie skurf gaan wees. Julle hoef glad nie te bekommer nie, want met Gesonde Seks maak ons seker daar is genoeg lubrikasie betrokke.

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: