‘n Groter sonde as Moord. Iets wat ek en jy elke dag van skuldig van is.

Web-In-Search-of-DignityEk is besig om ‘n skitterend boek te lees “The Private Adam” geskryf deur ‘n Joodse Rabbi (kry mense enige ander tipe Rabbi’s?) Shumely Boteach. Een van die dinge wat baie duidelik in sy boek deur kom is dignity. Waardigheid (om vir iemand waarde te gee) in Afrikaans. Dit is hierdie dignity of waardigheid wat ons in God se beeld laat wees. As ons dit verloor of weggee, verloor ons ons konneksie en beeld van God.

Hy skryf: “The preservation of dignity at all costs is a theme that recurs over and over in Jewish law. According to the Talmud, the single greatest sin – worse than killing a man or a woman, more nefarious than spilling human blood – is to rob a man or a woman of dignity by humiliating him or her in public. The Talmud writes that whoever causes someone’s face to ‘turn white’ in public – cause the blood to rush away out of embarrassment – loses his allotment in the world to come.”

Dit is heavy. As jy iemand verneder in die publiek en sy waardigheid wegneem, verloor jy jou toekenning in die ewige lewe.

Jy mag dalk hierdie lees en dink Timothy, ek het nog nooit gedink om iemand te stenig om te vloek in die publiek nie. So kom ek plaas hierdie waardigheid stelery in konteks wat ons almal dit sal verstaan.

Wie het al jou man of vrou verneder in die publiek?

Hom of haar die butt van die grappie gemaak het?

Voor jou kinders baklei en jou man of vrou sleg maak in die oë van julle kroos.

In die slaapkamer wanneer jy nie nou lus is nie, om sommer ietsie vinnig te sê, soos jy “is ook maar net altyd lus ne?”

Hierdie is alles dinge wat ons almal elke dag doen wat die waardigheid van ons huweliksmaats wegneem.

En as ons so maklik en gereeld die waardigheid kan wegstroop van die persone wat ons veronderstel is om die liefste voor te wees, hoeveel steel ons mense wie ons nie eers van hou nie, se waardigheid?

Die taxi bestuurder.

Die poskantoor amptenaar.

Die bank teller agter die einde van die maand ry.

Die persoon aan die ander kant van die anonieme vraag.

Hierdie boek, hierdie konsep van om mense te behandel sonder om hulle waardigheid weg te neem, is een wat ek vir die laaste paar weke konstant bepeins. En ek is skaam om te noem soos wat ek daarop gelet het, het ek agter gekom hoe vinnig is ek om waardigheid van mense rondom my weg te neem.

Nou dat ek myself daarop attent gemaak het, is dit vir my ‘n groot fokus in my dag om presies die teenoorgestelde te doen wat my vleeslike natuur so maklik vanself doen. Om waardigheid vir my vrou te gee, al het sy my kwaad gemaak. Om waardigheid vir my kinders te wys al was hulle stout. Om waardigheid vir my werknemers te gee al het hulle nie hulle werk gedoen nie. Om waardigheid vir die boemelaar op die straathoek te gee al het ek nie enige kleingeld by my nie.

Ek wonder of ietsie hiervan, nie in die grootste gebot (Markus 12:28-31) vir ons saamgevat is nie.

“Wees lief vir jou naastes soos jouself.”

Wat van as daardie liefde verwys tot om mekaar met waardigheid te behandel.

“Bestow dignity upon one another as you yourself have dignity.”

Advertisements