Meer oor my

Wie is Timothy Kieswetter

Timothy Kieswetter is ‘n Bybel- en seksualiteitskenner.

Na skool het hy teologie gestudeer en was ‘n jeug-pastoor by ‘n gemeente in Johannesburg. Hy het ook ‘n hele paar jaar daarna interkerklik bedien. Hy is tans besig met sy meestersgraad in seksuologie aan die Akademie vir Seksuologie van Suid-Afrika. Hy is ‘n gereelde skrywer vir Intiem-tydskrif asook spreker oor die onderwerp van gesonde seksualiteit.
Hy is reeds vir 9 jaar gelukkig getroud met Janet. Saam het hulle twee pragtige dogtertjies, Janéy en Ilani.

Advertisements