Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Kategorie: Uncategorized

Hallo my naam is Timothy Kieswetter en ek is ‘n depressie vegter.

Teenager-Depression-fine-art-26095177-1171-885

(#1 in die reeks “Ek is ‘n depressie vegter.”)

Ek hou nie regtig van die term depressie lyer nie, want ek gaan nie toe laat dat my brein siekte my lewe van my steel nie. Brein siekte, dit is wat depressie is. Dit is nie ‘n ly persoon se verskoning nie, dit is nie net iemand wat met die verkeerde voet uit die bed uit geklim het nie, dit is nie net iemand wat moeilik is of net oor iets moet kom nie. Nee, dit is ‘n brein SIEKTE. Daar is so ‘n groot stigma aan depressie gekoppel dat ons nie daaroor wil praat nie, en elke keer wanneer ons ‘n onderwerp kry wat nie oor gepraat mag word nie, vorm ons ‘n taboe en met taboes word onnodige skuld en skaamte op die mens geplaas.

Dit is ook, tussen al die taboes, waar jy my opinie sal vind, aangesien ek so bietjie van ‘n taboe myself is.

Ek ly al my hele lewe aan depressiewe gedagtes en swartgallige mood swings, (te veel in touch met my feminine side, dalk?) maar dit was eers die laaste jaar of twee waar ek ‘n depressie vegter geword het. Ek kan met trots sê dat ek die gelukkigste voel wat ek nog ooit was. Dit gaan goed met my. YEAH! Die wapens wat ek in die laaste 2jaar opgetel het om depressie te veg is besig om my brein die vermoë te gee om ook spontaan te kan lag sonder dat iemand vir my hoef te sê “cheese”.

So as jy ‘n depressiewe persoon self is of getroud is aan een, wil ek jou uitnooi om saam met my te journey, deur my eie worsteling en najaag na geluk en vrede. Ek sal gereeld ‘n nuwe artikel skryf oor ‘n spesifieke aspek van depressie en hoe ek geleer het om dit te verstaan, aanvaar en uiteindelik te bestuur.

Gelukkig kan hierdie brein siekte bestuur word.

(Ek wil dalk net hier noem dat hierdie maar net ‘n weerspieëling is van my eie gedagtes rondom depressie en dat ek nie ‘n doktor is nie, en dat ek wel besef dat daar verskillende grade van depressie is, maar ek glo darem dat hierdie publieke aanspreek van depressie sal nog ‘n bietjie van die taboeheid daarvan afbreek en saam met dit, die onnodige skuld en skaamheid van jou lig.)

Die eerste stap in hierdie geveg is om dit te verbaliseer vir jouself en aan jou maat.

“Hallo, my naam is Timothy Kieswetter, en ek is ‘n depressie vegter.”

Ek nooi jou nou uit om ook hierdie eerste stap te neem en hierdie artikel te share met jou eie “coming out” aankondiging.

 

 

 

 

‘n Groter sonde as Moord. Iets wat ek en jy elke dag van skuldig van is.

Web-In-Search-of-DignityEk is besig om ‘n skitterend boek te lees “The Private Adam” geskryf deur ‘n Joodse Rabbi (kry mense enige ander tipe Rabbi’s?) Shumely Boteach. Een van die dinge wat baie duidelik in sy boek deur kom is dignity. Waardigheid (om vir iemand waarde te gee) in Afrikaans. Dit is hierdie dignity of waardigheid wat ons in God se beeld laat wees. As ons dit verloor of weggee, verloor ons ons konneksie en beeld van God.

Hy skryf: “The preservation of dignity at all costs is a theme that recurs over and over in Jewish law. According to the Talmud, the single greatest sin – worse than killing a man or a woman, more nefarious than spilling human blood – is to rob a man or a woman of dignity by humiliating him or her in public. The Talmud writes that whoever causes someone’s face to ‘turn white’ in public – cause the blood to rush away out of embarrassment – loses his allotment in the world to come.”

Dit is heavy. As jy iemand verneder in die publiek en sy waardigheid wegneem, verloor jy jou toekenning in die ewige lewe.

Jy mag dalk hierdie lees en dink Timothy, ek het nog nooit gedink om iemand te stenig om te vloek in die publiek nie. So kom ek plaas hierdie waardigheid stelery in konteks wat ons almal dit sal verstaan.

Wie het al jou man of vrou verneder in die publiek?

Hom of haar die butt van die grappie gemaak het?

Voor jou kinders baklei en jou man of vrou sleg maak in die oë van julle kroos.

In die slaapkamer wanneer jy nie nou lus is nie, om sommer ietsie vinnig te sê, soos jy “is ook maar net altyd lus ne?”

Hierdie is alles dinge wat ons almal elke dag doen wat die waardigheid van ons huweliksmaats wegneem.

En as ons so maklik en gereeld die waardigheid kan wegstroop van die persone wat ons veronderstel is om die liefste voor te wees, hoeveel steel ons mense wie ons nie eers van hou nie, se waardigheid?

Die taxi bestuurder.

Die poskantoor amptenaar.

Die bank teller agter die einde van die maand ry.

Die persoon aan die ander kant van die anonieme vraag.

Hierdie boek, hierdie konsep van om mense te behandel sonder om hulle waardigheid weg te neem, is een wat ek vir die laaste paar weke konstant bepeins. En ek is skaam om te noem soos wat ek daarop gelet het, het ek agter gekom hoe vinnig is ek om waardigheid van mense rondom my weg te neem.

Nou dat ek myself daarop attent gemaak het, is dit vir my ‘n groot fokus in my dag om presies die teenoorgestelde te doen wat my vleeslike natuur so maklik vanself doen. Om waardigheid vir my vrou te gee, al het sy my kwaad gemaak. Om waardigheid vir my kinders te wys al was hulle stout. Om waardigheid vir my werknemers te gee al het hulle nie hulle werk gedoen nie. Om waardigheid vir die boemelaar op die straathoek te gee al het ek nie enige kleingeld by my nie.

Ek wonder of ietsie hiervan, nie in die grootste gebot (Markus 12:28-31) vir ons saamgevat is nie.

“Wees lief vir jou naastes soos jouself.”

Wat van as daardie liefde verwys tot om mekaar met waardigheid te behandel.

“Bestow dignity upon one another as you yourself have dignity.”

Everything belongs – Richard Rohr

jimi le roux

Everything belongsEverything belongs – Richard Rohr (Crossroad, 2003)

Soos altyd is ek laat vir die bus, want die boek het al in 1999 uitgekom, en baie het al daarvan gepraat, maar ek het dit nou eers voor oë gekry op die uitverkoop-tafel van een of ander boekwinkel. R15, kan jy glo en nuut kos dit oor die R200! Ek lees darem wel al vir jare Richard Rohr se dagstukkies – dis hoekom ek die boek sommer dadelik gevat het.

Dalk wil jy nie die hele stuk lees wat ek nou skryf nie – dis nogal vervelig en lank…

Ek kan nie eintlik die boek opsom nie – alhoewel ek notas vir myself gaan maak – want die boek is te diep vir ‘n opsomminkie. Laat ek dit so stel: my seun het my die boek sien lees en gesê hy wil dit ook lees. Ek sê toe nee, hy kan nie…

View original post 836 more words

Job se vrou

medieval_hair05

Die storie van Job is een wat ons almal ken. Dis dalk omdat dit die oudste boek in die Bybel is (geskryf tussen die 7de en 4de eeue BCE) of omdat ons almal een of ander tyd met Job se ellende kan identifiseer.

Job was een van die rykste en mees wel af manne in sy tyd gewees. Hy het ʼn groot boerdery gehad, ʼn groot familie, ʼn mooi vrou, rykdom, aansien, en het God gedien en vrees.

Die storie vertel dat God gespog het oor Job voor die duiwel, wie oortuig was dat Job slegs God gedien het omdat alles met Job goed gegaan het. Die duiwel het God uitgedaag om sy beskerming en seën van Job te verwyder en sien hoe vinnig hy op God sou draai. God het toe terug gestaan en die duiwel het bos gegaan.

In een dag was al Job se rykdom, veë en finansiële besittings weg en al sy kinders het in daardie dag gesterwe.

Tog het Job sy geloof behou.

Toe word Job siek en eindig op die ashoop van die dorp waar hy met God praat en redeneer oor hoekom en waarom?

Aan die einde van dit alles behou Job steeds sy geloof en vertroue in sy God en word dus geseën met dubbel van alles. Dubbel sy rykdom, dubbel sy kinders, dubbel sy lewensduur.

Job word uitgebeeld as ʼn held, ʼn voorbeeld vir die geloof.

Wat ek uitgelaat het in Job se storie is die deel wat sy vrou gespeel het. En in al die preke wat ek al gehoor het van Job, word Job se vrou uitgebeeld as die antagonis van die storie, Job se ondergang, die dwase, goddelose vrou.

Want sy was die een wat vir Job gesoebat het toe hy op die ashoop sit, dat hy net God moet vloek en sterf. En vir hierdie stukkie advies wat sy gegee het, word sy (die vrou) as die swakker een van die twee gesien.

Maar gister het my oë oop gegaan tot iets wat ek nog nooit van te vore gesien het nie, wat my forseer het om my siening oor Job se vrou (en alle emosionele vrouens) te verander.

  1.        Dit was nie net Job wat sy kinders verloor het nie. Hulle was ook haar kinders gewees.
  2.        Dit was nie net Job was sy werk verloor het nie. As vrou het sy baie meer verloor want sonder ʼn man se inkomste was die vrou niks nie.
  3.        Dit was nie net Job wie gemartel was nie. Het jy al iemand so lief gehad dat hulle pyn en seer ook voel, dalk erger? Sy kon nie meer haar man se swaarkry hanteer nie, nie omdat sy nie ʼn goeie vrou was nie, maar juis omdat sy haar man so lief gehad het. Sy wou net gehad het die pyn moes weggaan.
  4.        Aan die einde van die storie, was dit nie net Job wat alles dubbel terug gekry het nie, maar ook sy vrou.

 

Hierdie sê vir my Job se vrou was ʼn beter vrou as wat ons haar nog altyd uitgemaak het om te wees. (Dalk omdat ons in ʼn man gedrewe patriargale wêreld lewe dat die man altyd as die held geskets word en die vrou as die man se helper of verleidster.)

As ek na die vrou kyk sonder die patriargaal brille sien ek ʼn gelyke aan die man. ʼn Eweknie.

Een wat trauma en moeilike omstandighede net anderste hanteer en verwerk as wat mans doen. Job het sy trauma met sy intellek probeer uit redeneer, waar Job se vrou meer in gestel was op haar emosies en wat sy voel. Die een is nie beter as die ander nie. Ek glo die beste is ʼn kombinasie van die twee. (Presies wat dalk gebeur het met Job en sy vrou.) En ja in moeilike omstandighede word daar dinge vir mekaar gesê wat niemand dalk bedoel nie, maar die liefde is groter en sal aan die einde van die dag oorwin as jy net nie daarop opgee nie.

 

So hier is ʼn ‘shout-out’ vir al die vrouens wat emosies en sagmoedigheid na die huwelik toe bring. Dankie vir julle liefde en omgee.

Manna vanuit die hemel, word gevind in Bloemfontein.

manna

Ek het al baie maal gewonder of ek met Manna Tydskrif moet aangaan of nie. Om ʼn tydskrif uit te bring is maar ʼn duur en moeilike storie. Ek sal nooit vergeet wat die persoon by die heel eerste drukkery vir my gesê het met ons heel eerste Manna oplaag in Januarie 2006 “Ek het al baie sulke Christen ‘nuusbriewe’ gesien kom en gaan, maar nie een van hulle bestaan vir lank nie. Ek gee julle s’n so jaar tot 2 kans.”

Wel, Mr. die Drukker, dit is nou 2014 en Manna val nog steeds van uit die hemel. (Ek moet bieg, dat as dit nie was vir Mr. die Drukker wat hierdie ‘uitdaging’ neer gelê het nie, so ek seker al lankal wel met Manna gestop het.)

manna cover

Ons het nog altyd Manna gesien as ʼn bediening eerste en besigheid tweede en met ons Desember vakansie rit af Kaap toe, smaak ek net weer die bedienings krag van Manna.

Nadat ek my kar volgemaak het in Bloemfontein, loop daar ʼn middeljarige blanke man na my toe. Dit was duidelik dat hierdie man lanklaas gebad of geëet het.

“Jammer meneer maar ek het nie enige kleingeld op my nie” antwoord ek hom.

“Dit is nie geld wat ek soek nie seun, ek benodig net so bietjie petrol” antwoord hy my terug.

Ek besluit toe om hom te help en stap oor na sy kar/huis wat by die pompe staan.

Hy vertel my hoe hy 3 dae laas geëet het en al weke saam met sy vroutjie in hulle gehawende kar lewe. Hy het sy werk verloor in die Kaap en is nou op pad Pretoria toe om vir tyd en wel hy weer werk kry by sy dogter te gaan bly. Dus die behoefte aan brandstof.

Terwyl die petroljoggie die kar volmaak besluit ek maar verder help deur om vir hom en sy vrou maar te bid. Ek doen toe ʼn eenvoudige gebed waarin ek die Here dank dat Hy hulle beskerm het tot nou toe, en Hom gevra of Hy hulle ook sal begin seën met hulle padvorentoe.

Op daardie punt was die man oorkom met emosies en dankbaarheid dat hy graag ook iets vir my wil gee. Hy vertel my dat dit wat hy my nou gaan gee het hom en sy vrou deur hierdie moeilike tye gebring en dit het hulle gehelp om aan hulle geloof vas te hou.

Hy haal toe uit sy kar ʼn ou Manna Tydskrif.

Ek kon nie help om te glimlag nie.

“Dankie meneer, maar ek het nog als baie van hierdie tydskrif alreeds by my huis. Dit is my tydskrif, jy sien!”

Die man en sy vrou albei oorlaai met emosies, ek moet bieg ek ook op hierdie stadium, gee mekaar drukkies en skut hand en huil en lag en pass die Manna tydskrif heen en weer, alles terwyl die petroljoggie ons dop hou en nie die meer die petrol wat nou al oorloop op die vloer nie.

Ek word toe dadelik herinner aan ʼn woord wat die Here vir my lank terug oor my eie bediening en toekoms gegee het – dat daar baie vrug om my werk sal wees, waarvan ek bitter min sal sien.

Darem so elke nou en dan gee die Here vir my ʼn skrefie-kyk van waar my werk vrug dra, wat net weer genoeg oemf vir my gee om getrou te kan, kop af aan te hou doen wat die Here vir my gevra het om te doen.

Prediker 9:10 – “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die graf waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig, kennis of wysheid nie.”

Oor die jare het my hand vele ander dinge ook gevind om te doen, maar met Manna sal ek aan hou vir solank Manna van uit die hemel, gevind word hier op aarde.

As jy meer wil uitvind of dalk inskryf op Manna Tydskrif, kliek hier: https://www.grootisutrou.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=48&Itemid=56

of gaan direk na Manna se website. www.mannatydskrif.co.za

2013 in review

The WordPress.com stats helper monkeys prepared a 2013 annual report for this blog.

Here’s an excerpt:

The concert hall at the Sydney Opera House holds 2,700 people. This blog was viewed about 16,000 times in 2013. If it were a concert at Sydney Opera House, it would take about 6 sold-out performances for that many people to see it.

Click here to see the complete report.

God se bouncers

bouncers

Ek het laas week weer my enkel geswik in ʼn plek waar jy nie eintlik ʼn voet verkeerd mag neer sit nie. Ek was so vinnig uitgehaal, eenkant geskuif en die deur op my toe gemaak dat ek by myself dink, “Maar wanneer het God vir Homself bouncers gekry?”

Daar is baie wat Christenskap behandel soos hulle eie eksklusiewe klub. Hulle besluit wie mag in kom en wanneer dit tyd is vir iemand om te loop. Ons verkondig op die advertensiebord “ALMAL* is welkom.” Maar ons bedoel eintlik almal wat aan die * terme en voorwaardes voldoen.

* By almal bedoel ons eintlik net die wat alreeds hulle sonde raak sien en bereid is om die bekerings pad te stap. Die wat nog in sonde wil bly, kom terug wanneer julle reg is om te erken julle is verlore. Want ons lees die verhaal van die verlore seun slegs vanaf vers 17, waar die verlore seun tot sy sinne kom. Ons lees nie die deel tussen vers 11-16 waar die Vader die seun toelaat en seën om in die wêreld te gaan nie. Nee, nee. Sulke almal’s is nog nie welkom nie.

Ongelukkig keer hierdie selfaangestelde bouncers nie net mense by die deur van Genade en Liefde nie, hulle besluit ook wie nie meer voldoen aan die Genade en Liefde terme en voorwaardes nie. (Wat? Terme en voorwaardes vir Genade en Liefde? Nou vertel jy my ʼn ding!)

Sodra ʼn kerkleier een voet verkeerd sit, waar jy nie eintlik mag loop nie. (En ja, daar is baie dinge waaroor die predikant nie oor MAG praat nie.) Of waar hy in ʼn oomblik van swakheid sy masker laat val, word daar vinnig-vinnig vergader, beraad en besluit sensuur of sumier skors is die enigste opsie. Want net masker mense moet ons lei.

Hierdie kerkleier wat vir jare sy bloed en sweet gegee het vir die gemeente word nou as ʼn melaatse hanteer. Waarom? Want hy het tog uit gekom om ook tog net mens te wees.

Die selfaangestelde bouncers van Christenskap neem hom by die agter deur van Wet en Geregtigheid uit, waar daar geen welkom matjie te vinde is nie. Die bouncers komplimenteer mekaar dat hulle nie toe laat dat 1 verdwaalde skaap die ander 99 skape verder kan mislei nie.

Nooit sal ek die opregtheid van enige van hierdie geestelike skoonmakers bevraagteken nie. Hulle dien God met alles wat in hulle is. Hulle beskerm die geloof met hand en tand. Hulle sal self sterwe vir dit waarvoor hulle glo.

Petrus en Saulus het ook op ʼn stadium hulleself gesien as God se bouncers.

Petrus het Jesus vermaan toe hy hoor hoe Jesus praat van die kruis. “Hierdie sal nooit met jou gebeur nie.” Jesus het egter die groter prentjie van liefde raak gesien en die kruis verduur.

Petrus het later (duidelik nie die boodskap van Liefde en Genade al gesnap nie), een van die mense wie Jesus gevange wou neem, se oor afgekap. Jesus het egter die groter prentjie van liefde raak gesien en sy vyand genees.

Saulus het nie net mense se ore afgekap wat nie wou luister nie, hy het mense dood gemaak wat met tradisie wou breek. Jesus het egter die groter prentjie van liefde raak gesien en Saulus gewys hoe blind hy werklik was.

God het ons nie geroep om meester oor mekaar te speel nie. Daar is geen bouncers nodig in God se koningryk nie. Hier is wat Jesus vir die Fariseërs (God se bouncers van die tyd) gesê toe hulle die sondaars en tollenaars rondom Jesus wou verwyder. “Diè wat gesond is, het nie ʼn dokter nodig nie, maar diè wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’”

So voordat ons weer iemand voorkeur by die deur van Liefde en Genade of wil agter uitskop by die deur van Wet en Geregtigheid, onthou God smag nie enige offers van jou nie, hy smag ontferming van jou vir almal vir wie Hy liefhet.

Kom ons ondersoek ons eie blindheid wanneer ons hierdie deel in die Boodskap vertaling saam lees.

Matteus 9:11-13

“Van die Jode wat die wet baie streng gehou het, het Jesus toe saam met al daardie mense aan die tafel gesien. Dit het hulle laat wonder of Hy dan soos daardie mense wou word, want ʼn mens eet mos net saam met goeie vriende. Hulle het by sy dissipels probeer uitvis: “Wat is Jesus besig om te doen? Wat leer hy julle? Waarom is hy so vriendelik met hierdie slegte mense dat hy selfs saam met hulle eet?” Hulle het die dissipels met vrae gepeper.”

v.12 “Jesus hoor dit toe en vra: “Wat dink julle moet ʼn dokter doen? Moet hy heeltyd die gesonde mense oppas? Of is sy plek by die siek mense vir wie hy iets kan beteken?”

v.13 “Die antwoord op hierdie vraag sal julle help om God se woorde te begryp: ‘Dit help nie julle broei mekaar warm in die kerk en hou mooi eredienste nie. Nee, Ek wil eerder hê julle moet mense help wat julle hulp regtig nodig het.’ Dink mooi hieroor na; dan sal julle verstaan wanneer Ek sê dat Ek nie hier is om mense wat klaar aan God gehoorsaam is weer na Hom te lei nie. Nee, dit is die mense wat nie van Hom weet wie se oë Ek graag vir God wil oopmaak.”

Soos ek die lees, wonder ek by myself, na wie het God werklik hierna verwys as die siek?

Die wat weet hulle is siek of die wat nie weet hulle is siek?

Wie se oë wil God oop maak?

Die wie Hom sien as liefde en genade?

Of die wie Hom sien as streng wetties?

Verdere lees:

Matteus 9:10-13

Matteus 16:22

Lukas 15:11-32

Johannes 18:10

Handelinge 9:1-19

Kinders by Dosyne

Opvoedkundige komedie deur Timothy Kieswetter

WellnessseX

Understanding, Acceptance and Management of our sexual wellbeing

goeienuusloli

Ek deel myne...kom deel joune!

tamatieland

'n paar gedagtes

Binne die Glashuis

Die binne na buite weerspieëling van my gevoelens, gedagtes en drome oor Gesonde Seks

Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Om 'n gesonde gesindheid rondom ons seksualiteit te ontwikkel.

%d bloggers like this: